Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
RILEY ZIETSMAN
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN RILEY
27 Augustus 2014 – 12 Maart 2024
My liefste liefste Riley… die vlag van ons harte hang halfmas… want jy is Hemel toe…. Ek en Zanro was nie gereed nie. Kan mens ooit gereed wees om Liefde en Lojaliteit te groet? Ons harte is stukkend en die huis voel leeg en stil sonder jou groot lyf wat ons lewens so volgelê het.
Net gister het jy nog rondgehardloop en in die modderplas gaan afkoel…vanoggend nog het jy ons blaffend opgepas…nou skreeu jou leë mandjie oorverdowend en weergalm jou kosbak waarin ek nou-nou vir jou lekker kossies sou gee.
Jou wegwees is skerp kloue wat my en Zanro se harte oopkloof sodat smart druppend ‘n swart bloedspoor los.
Van daardie eerste oomblik af toe jy en Zanro mekaar gekies het, het jy jou lêplek in ons harte gemaak. Jy het Zanro adore… en hy vir jou… en ek en Pappa ook. Waar Zanro gegaan het, daar was jy… soo lojaal… soo getrou… soo gehoorsaam… tot die dood toe. Jy was Pappa se grootste geskenk aan Zanro…en aan my. Jou mense-mamma en boetie gaan jou soo mis! Speel lekker saam met Pappa… gee hom ‘n blinkoog natneus-soen van my en Zanro af en gaan lê by Ouma en Oupa en Oom Arno se voete…
Dankie vir alles, liefste Riley, dankie dat jy ons sooveel van God se liefde geleer het, en dankie Hemelse Vader dat U ons waardig geag het en so ‘n kosbare wese aan ons toevertrou het… dankie dat ons kan liefhê omdat U ons eerste liefgehad het.
Selfs al voel hierdie diep-met-oorgawe-liefhê vanaand weer eens soos ‘n vloek, weet ek dis n seëning, weet ek smart is die prys vir ware liefde, weet ek dat hoe dieper die vlam van liefde brand, hoe feller brand die pyn, weet ek dat ek dit nooit ooit anders sou wou hê nie, weet ek dat Hy naby die gebrokenes van hart is… dat Hy weer eens my en Zanro se trane sal afdroog en ons harte verbind, en weet ek dat jy ons eendag stertswaaiend sal kom groet wanneer ons ook Huis toe kom.
Dankie my liefste liefste “ Lallie”…vir alles!!!!
Met al ons liefde wat nooit sal ophou nie…
Boetie en Mamma❤️❤️❤️
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort