Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

JODI

Message

 

Liefste ou Jodikie,

Wat ‘n voorreg was dit nie om jou mense mamma te wees nie.

Ek wens ek kon jou pyn en ongemak wegneem sodat jy nog ‘n tydperk saam met ons kon wees, want ons was nie gereed om jou te laat gaan ne.

Ek mis jou lyfie, jou nuuskierige neusie wat in alles en aan alles ruik, jou voetjie wat krap as jy aandag soek, jou reukies, jou geluidjies wanneer ons jou opvry. Ek mis die haartjies op jou gesiggie en jou sagte ore.

Ek mis die liefde wat skyn in jou ogie. Ek mis jou “mad moments” wanneer alles en almal pad moet gee wanneer jy jou paadjie in die tuin wil hardloop. Ek mis dit om vir jou geskenkies te koop, nuwe speelgoed wat jou stertjie ekstra laat swaai. Ek mis die vreugde om jou self te sien eet en drink en ek mis selfs die voorreg om jou kossies vir die voedingsbuis aan te maak.

Ek mis jou opgewekte blaf en die stywe drukkies wat ek gekry het wanneer ek na werk jou in my kar getel het. Ek mis jou bad sessies en die droogmaak, want dit was ‘n spesiale tyd waartydens ek jou kon styf vasdruk en jy niks kon doen nie. Ek mis jou opgewonde gebokspringery wanneer jy jou Marie koekies kry.

Ek mis ons geselsies in ons karretjie. Myne en joune … ek mis die feit dat ek my hand kon uitsteek en aan jou kon raak, want jy was daar. Ek mis jou gaatjies gekrappery op die mat of op die bed, die gerollery in die gordyne en ons almal se vry sessies wanneer ons jou pensvelletjies geblaas en gesoen het. Ek mis jou Jodi. Vreeslik baie, maar ek weet jy is nou ‘n baie gelukkige en veral gesonde woefiebrakkie.

Ek sal jou nooit vergeet nie my Joads. Vir jou sou ek berge versit. As ek gelukkig was of hartseer. jy was daar. Jou woefielyf het styf teen my gelê, elke aand en ek het uitgesien na die paar minute slapies in my arm voor ons dag begin. Jy het harte gewen waar jy gegaan het, want jy was een super spesiale en ongelooflike brakkie. Dankie dat jy vir 9 jaar myne was.

Dankie vir die vegtertjie in jou en dankie meestal, dat jy vir my lief was, net soos ek is, met al my foute. Tot ons mekaar weer sien my geliefde woefseltjie. Geniet die hondehemel en bekyk die wereld met jou twee nuwe ogies.

Ek wens so ek kon ‘n laaste keer ‘n soentjie (of drie, vier, vyf of sewe of twintig) op jou bekkie druk.

Ek gaan vir altyd verlang. Baie liefde my Jodi. Rus sag kleine brakkieskind.

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za