Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
BRODY VERMAAK
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN BRODY
15 April 2010 – 2 Februarie 2023

My Liefste Brody,
Hierdie is ‘n baie moeilike boodskap om te skryf. Hoe pas jy amper 13 jaar se onvoorwaardelike liefde in ‘n paar paragrawe in.
Jy het van dag een af My gekies om lief te hê. Jou krulstertjie en jou driebeen getrippel wanneer jy opgewonde was het ‘n groot glimlag op baie mense se gesigte gesit. Jy het wel nooit geleer sit of lê wanneer ek jou gevra het nie, maar jy kon terug “praat”.
Jy was baie lief vir jou groente koekies en natuurlik die see. Wanneer daar slegte of moeilike dae was, het jy my net een kyk gegee en by my kom lê.
Jou warm lyfie het my altyd tot ‘n kalmte gebring.
Nou is Jou oef-oef geluide en die tiek-tiek van jou naels stil en dit is vir my die seerste seer.
My liefste Broodjie ek gaan jou verskriklik baie mis.
— Esmerelda —
—
Liewe Brody,
As ons vir jou mamma en pappa gaan kuier het, het jy altyd saam gehardloop om te kom kyk en ruik wie is hierdie besoekers.
As jy ons klaar gegroet het, het jy verder met jou speelgoed gaan speel.
Maar ongelukkig het die hartseer tyd aangebreek om jou mense mamma en pappa te groet.
Jou mamma en pappa is baie hartseer oor jou, maar probeer ook om te verstaan dat waar jy nou is, jy ‘n gesonde lyfie het en saam met jou boeties en sussies hardloop en speel.
Jou plekkie is leeg maar jy sal altyd in jou mamma en pappa se hartjies bly,
en ons almal gaan jou baie mis.
Van
Johan , Elsa en Johannie
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort