Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
VALDEZ VENTER
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN VALDEZ
18 Julie 2025
Valdez – Ons klein, fyn, sagste ‘Africanus’ met die mooiste, grootste hart
Jy was bang, klein, mishandel en wou net uit die ‘Puppy’ kamp by Wetnose ontsnap. En … jy was vrek vinnig. Soos `n blitsstraal het jy vaartbelyn uit die hok geskiet en werkers moes jou myle oor grasvlaktes agternasit.
Ons kuier weer by Wetnose. Die keer parkeer ons teen die groot ‘Africanus’ hok. En daar staan ons klein Valdez met sy sagte, ligte pelsie en fyn gelaastrekke tussen die rowwe, blawwende ‘Africanus’ brakke. Jou groot, hartseer ogies vra – “Asseblief, ek moet hier uit!” `n Uur later sit Valdez tevrede tussen twee opgewonde tienerdogters oppad na sy nuwe tuiste. Ons stop oppad terug by Ouma en Valdez word bederf met biltong en wat ookal sy hart begeer. Tuis is ek bekommerd dat ons ou, groot hond jou dalk kan opvreet en hou jul vir eers uitmekaar. Toe ek weer sien, spring jy eenklaps deur die venster en maak jy jou eerste groot vriend.
Jy was `n honde-hond : Al ons honde was lief vir jou – Beentjie, Boempsie, Tjoklit, en jou laaste en langste maat, Tinkie die Jack Russel. Jy het nooit vir ander honde gegrom of hul aangeval nie. Jy was my gunsteling stapmaat – Jy het net fyntjies voort getrippel, ander honde geïgnoreer en altyd teruggekyk om dubbel seker te maak dat ek nog daar is. Jy was nie net `n honde-hond nie, maar ook `n mense-hond.
Vinnig het jy in almal se harte ingekruip. Jy kon nooit alleen wees nie en het altyd seker gemaak dat iemand naby is. Jou ogies het my altyd gevolg, oral waar ek gegaan het was jy my klein skaduweetjie. Jy het my elke aand dopgehou en opgespring om saam te gaan inkruip. Jy het ook saam met Jeanette atletiek geoefen, saam met Johnny gebraai, en soggens aan Zanie se deur geklop om bietjie langer te kan inlê of saam met haar te studeer.
Jy was nie net `n top naelloper nie, maar het ook matrieksertifikate en universiteitsgrade verwerf. Jy kon deur vensters en met gemak op die hoogste stoele spring om deel van die geselskap te wees. Jou gunstling lêplek was op die kussings teen die rusbank se leuning sodat jy van `n hoogte af almal wat in- en uitkom kon dophou.
As ek vra waar is Valdez, het Emma altyd geantwoord “Daar in die berge”. Jy wou net almal gelukkig hou en was heel geneë om die kinders met `n geskenkpakkie om jou nek op hul verjaarsdae te verras. Alhoewel jy mal daaroor was om myle op die strand te hardloop, was jy glad nie lief vir water of bad nie. En was dit moeilik om jou te vang en in `n bad te kry! Net die woord ‘bad’ het jou die hasepad laat kies.
Jy was ook nooit `n vreeslike groot eter soos jou hondefamilie nie en dit was `n nagmerrie om jou te kry om `n pil af te sluk – net Woolworths se biltongsmeer kon soms help.
Almal, asook jou liefste Tinkie mis jou so ontsettend baie. Jy laat `n reuse leemte in ons huis. Jy was net altyd daar – liefdevol en lojaal. Jy kon emosies lees en het teen mens kom lê in hartseer tye of `n vinnige lekkie gegee om te sê als is OK. Ons almal se harte is stukkend, maar ons weet jy is op `n beter plek – sonder enige pyn en lyding. Ons mis jou sagte pelsie, liefdevolle ogies en pragtige persoonlikheid. Ons weet ook honde is op aarde om mense te wys wat onvoorwaardelike liefde en lojaliteit is. En jy is spesiaal na ons gestuur!
Ons sien uit om jou weer te sien.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
|
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort








