Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
TINKIE VENTER
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN TINKIE
4 Desember 2025
Liefste Tinkie,
Ons harte en ons huis is dolleeg sonder jou. Ons mis jou vrolike, opgewondenheid wanneer ons die agterdeur oopmaak en jy net altyd daar is – vol energie en liefde en blydskap om ons te sien en te verwelkom. Jy het vroegaand al op die tafel langs die bank geklim om `n beter uitsig op die inrypad en hek te kry vir jou hartlike verwelkomingsessies. Jou gesiggie het altyd opgehelder en jy het van oor tot oor geglimlag as jy ons sien, terwyl jou agterlyfie vrolik heen en weer swaai. Dan gaan haal jy `n balletjie om ons te vermaak – altyd gereed vir speel en aksie, al wou jou ou lyfie later nie meer nie!
Ons harte is stukkend. Oral in die tuin is jou geliefde balletjies, maar jy is nie meer hier nie. Ons mis jou gegrawe in die groentepotte op die stoep, jou swart moddergesiggie, jou rotte jagery in die wilde bosse, jou opklimmery teen die pers struik voor die kamer, die koekies en ‘snackies’ wat jy oral vir later begrawe het. Ons sal nooit die dag vergeet toe jy nog as jong hondjie ons saam met jou hondeboeties en -sussie met vrolike bokspringe verwelkom het in die sponsreën van geskeurde sitkamerkussings nie.
Almal was mal oor jou – jy was klein en baie ‘cute’. Dit het Zanie erg bekommerd gemaak as jy in die groot labrador, Beentjie se bak geklim het. Hy het jou kwaai aangegluur en gegrom terwyl jy jou so trommeldik geëet het; soveel so dat jou magie sommer in grootte verdubbel het.
Jy was van kleins af net `n bondeltjie liefde. Altyd gelukkig en oorvriendelik met almal wat jy raakloop. Jy het in almal se harte gekruip – die hele gesin, asook in Emma en haar seun s’n, wie jul vakansietye kom oppas het. Jy was ook so lief vir ouma, soveel so dat sy met haar dimensie saam gedink het jy is haar oorlede hond.
Johnny mis jou vreeslik. Jy was pappa se heel gunsteling braai ‘buddy – die enigste dogtertjie wat heel aand saam met hom sou sit en braai. Jy kon ook nie wag om saam met hom op sy gunsteling bank in te sluimer voor die televisie nie. Dan het jy kom klop by die kamerdeur om uit te gaan, geblaf om weer in te kom en teen die trappies opgeklouter om die bed te kom deel. Jy was lief vir almal en het van kamer tot kamer geklop. Was te lekker as Zanie van universiteit kom kuier en jy vroegoggend kon klop om by haar nog `n rukkie te kan inkruip.
Die bure se skaaphond mis jou blawwery by die heining, ek mis ons stappies en die honde in die straat mis die blawwende stappery van die klein Jack Russeltjie wat gedink het sy kon enige hond aanvat. Net die tuinman geniet die stilte.
Weet ons is sooo lief vir jou. Geniet jou tyd in die hemel met jou hondemaatjies Valdez, Tjoklit en Boempsie.
Tot weer siens. Jy sal altyd daar waar jy ingekruip het, diep, diep in ons harte bly!
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort