Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply


KACEY VENTER

Message

IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN KACEY

7 September 2016 – 7 Junie 2026

 

Liewe Kacey,

Jy word gemis.

Dankie dat jy deel was van ons lewens. Dankie vir al die jare se liefde, geselskap en avonture. Jy was ’n baie spesiale deel van my lewe en ek sal jou altyd onthou.

Dankie vir die tyd wat ons saam gehad het en vir al die mooi herinneringe.

Tot ons mekaar weer sien.

Liefde,

Mamma Chanté

Liefste liewe Kacey’tjie

Ai my baba, hierdie maak terselfdertyd bitter seer en daar is ook ’n diepe dankbaarheid dat ons jou in ons lewens kon gehad het.

Waar begin ’n mens!

Jy was net altyd daar, jy het soveel liefde gegee, het ’n spesiale en unieke band met ons gehad en was verseker baie geliefd.

Jy was my ‘comfort’, my ‘nurse’, my ‘security guard’ en soveel meer.

Ek mis jou ‘cuddles’, soene, bokkie-ogies en al die spesiale tye saam.

By jou het ek so baie geleer. Ek mis en verlang na jou ‘Fritos’-voetjies.

Baie dankie dat jy vir Cody’tjie so mooi geleer en touwys gemaak het. Sy mis jou ook so baie en soek jou die hele tyd.

Jy was net altyd daar vir elkeen van ons.

Dit was die diepste seer en ook die grootste voorreg om jou te kon vashou en soene gee, al het ons harte gebreek, terwyl jy jou ogies toegemaak het. Al die liefde daarin, en jy was so rustig gewees. So baie dankie vir ons engeltjie-veertjie-oomblikke daarna.

Niemand steek nou meer Oupa se kouse weg nie, en die kussings op die beddens is nog steeds net soos dit was, nie meer rond en bont en orals op die bed nie.

Ai baba, Ouma mis jou so baie, jou lyfie en alles van jou.

Hoe mis ek nie jou ‘Beagle-taal’ om te ‘onderhandel’ wanneer jy ‘snackies’ wil hê nie. Jy was ons eerste ‘kleinkind’, maar jy was ook soveel meer.

Ek/ons koester al die spesiale tye saam met jou en daar was oneindig baie.

Hoe bederf was ons nie om die voorreg te kon gehad het nie.

Hoe graag wou ons julle nie permanent see toe geneem het nie. Jy was so lief daarvoor. Die stappies, op die bankie sit en die mooi van die skepping waardeer. Ons naweek-tee/koffie en beskuit gaan nooit weer dieselfde wees nie. Cody’tjie gaan nou alleen happies kry, Ouma gaan dit en jou so mis.

Ek is seker Keziah’tjie en Jenna’tjie het jou ingewag en het die laaste treetjies saam gegee toe jy jou engelvlerkies gekry het, en ek is seker dat julle nog nie opgehou speel en rondhardloop het nie.

Baie dankie dat ons kan weet dat julle nou vir ons uitkyk.

Lief en mis jou net so BAIE, my baba.

Liefde

Ouma

My liewe Kacey,

Oupa wil vir so baie dinge net dankie sê, maar waar begin ek?

Die geluid van jou voetjies en naeltjies op die vloer in die oggend wanneer jy kom môre sê terwyl ek koffie maak in die kombuis, het stil geword! My Buddy se plek op die bankie onder die boom, terwyl ek koffie drink, is leeg! Jy wat die heeldag die hek dophou om te sien wanneer ek huistoe kom, en jou blydskap om my te sien in die aand, het so ’n verskil gemaak ná ’n moeilike dag op kantoor. Jy wat wag vir my om my kouse uit te trek en dit deur die lug vir jou te gooi om te vang… en jy dan daarmee weghardloop sodat Oupa die ‘dief’ wat my kouse gesteel het, kan vang… alles is skielik net weg!

Jou soene en drukkies wanneer jy sommer net wou sê jy is lief vir Oupa, voor ons gaan slaap, word so baie gemis. Die bed voel nou so groot, want die klein lyfie wat so styf teen my lê dat ek van die bed af val, is nie meer daar nie. Wanneer ons elke nag ’n draai buite moes loop en daarna wou jy lepel-lê, is nou koud en alleen.

Dankie dat ek soveel spesiale herinneringe met jou kon deel; van ons ‘road trip’, al die wonderlike tye op Sardinia se strand, sonsak by Schoenies, kuier op die plaas in Parys, die kilometers en kilometers wat ons gestap het, die geselsies en soveel meer!

Jou hart was so vol lewe en altyd reg vir avontuur, maar oorlopens toe vol van liefde, en dit het jy onvoorwaardelik gegee. Elke dag was jy daar vir, en styf teen, Ouma. Jy was haar anker en vertrooster deur elke dag van haar stryd. Jy het haar die beste van ons almal verstaan, kon aanvoel watter dae die moeilikste was en wanneer sy jou die nodigste gehad het… dan het jy net nog nader aan haar gaan lê om te ‘cuddle’.

Jy het, sonder om te skroom, vir Cody ingelaat om jou spasie te deel. Sy het soveel by jou geleer en mis jou vreeslik baie. Jy sal so trots wees om te sien hoe sy nou probeer om jou plek vol te staan.

Al is Oupa se hart stukkend, is ek ongelooflik dankbaar dat ek die voorreg gehad het om jou as my kleinkind te kon hê. Al is jou plek hier by ons nou leeg, sal jou plek in my hart altyd gevul bly met liefde vir jou! Die wonderlike herinneringe sal my altyd bybly.

Dankie, Oupa se kind, dat jy selfs Sondag, nadat ons moes groet, nog vir ons ’n veertjie gestuur het om te sê jy is ‘ok’.

Oupa is, en sal altyd, lief wees vir jou!

Tonne soene en drukkies

Liefde

Oupa

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za