Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
ZAZA VAN STADEN
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN ZAZA
19 Mei 2006 – 12 September 2022

My liefste Zazie,
Ons was nooit gereed vir die dag wat aangebreek het nie. Die dag toe ek jou moes laat gaan, het ‘n stukkie van my hart saam jou gegaan sussie woef. Jou plekkie is so so leeg en my hart is gebreek.
Ek mis jou sagte lyfie wat styf teen my kom lê of wanneer ek sit is jy op my skoot en jy was altyd my stertjie wat my oral heen volg.
Ek mis jou sussie woef. Ek mis dit as jy wag by die hek, ek mis die geluid van jou prinses voetstappies as jy aan gestap kom en die kwaai leeutjie binne jou as jou sussie jou tart of as jy met my wil speel al die geblaf en jou glinsterende oë van opgewondenheid. Ek mis die middag stappies en die opgewondenheid in jou groot bruin ogies wat na my staar. Jou pienk snoet en die aanhoudende lekkies is ‘n besonderse eienskap van jou my sussie woef .
Jy het my lewe vol gemaak en gevul met sonskyn. Nou is dit net ‘n leë plekkie in ons huis sonder jou my prinses woef. Jy, sussie woef, het ek onvoorwaardelik lief en jy word oneindig vreeslik baie gemis.
Jy het ons lewe vervul met trane van blydskap, tonne vol liefde, skitterende glimlaggies, hope vreugde, hoop op tye van droefheid, dankbaarheid dat ek jou so lank kon vashou en dat die Here ons Vader jou vir my kon leen vir die tydperk van 16 jaar. Jy is ‘n engel woef van bo my vier poot prinses kind wat altyd voetspoortjies in my hart los. Ek sal die gedagtes van ons tye saam koester tot die dag wat ek jou weer sien my sussie woef. Jou naam is in ons harte gegrafeer.
Mag jy weet mamma het jou oneindig baie lief … En jy word sowaar vreeslik baie gemis maar jou spoor is in my hart gekoester. Gaan sprei jou woefie engel vlerkies uit en maak die hemele bly soos jy die aardse bestaan gevul het met blydskap, liefde en vreugde my engel kind.
Ons mis jou baie sussie woef of soos pappa jou noem, Pikkie…
Maar nou is jy saam jou sussie Kitana saam die engele daar bo. Pas mekaar op en hardloop in die velde rond tot ons mekaar weer sien my engel woefie kinders.
Liefde,
Mamma Cherie, Pappa Michael, Sussie Illezy, Sussie Nala, Oupa Corrie, Willie & Deon, Ouma Charmaine, Marie, & Judith
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort