Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
AFRIKA VAN STADEN
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN AFRIKA
5 Augustus 2021 – 28 Mei 2026
My liefste Afrika ❤️
Eintlik weet ek nie eers waar om te begin nie, want hoe verduidelik ek hierdie seer en leë gevoel? Hoe verduidelik ek die hartseer maar terselfde tyd kwaad wat ek voel, hoe sê ek jammer vir al die laat aande en die stappies wat ek gemis het? Hoe wens ek nie ek kon net nog een keer saam jou speel en vir jou lag en jou net vas hou vir een laaste keer.
Die huis voel leeg sonder jou, stil eintlik. Jou boks speelgoed staan steeds waar jy dit gelos het die laaste keer, jou kombersie in jou bed en ons huis is leeg.
My liewe Ploerts ek mis jou so en my hart is so seer, ek het nie geweet dis medies moontlik om so baie te huil nie. Die kleinste goedjies laat my dink aan jou en dan tref die golf van verlange my weer en dan besef ek jy is weg vir altyd.
Hoe sal ek ooit kan dankie sê vir jou? Jy het my gedra deur soveel seer en my geleer van lief hê . Die eerste dag het ons, ons belofte gemaak, maar ek kan nie help om te voel of ek jou in die steek gelaat het nie. In my kop speel die laaste paar weke oor en oor af, dan begin ek by ons laaste oggend saam, dan ons laaste “huistoe kom sessie ” en dan word dit swart en die trane begin van vooraf.
Ek het soveel vrae van hoekom en waarom? Het ek iets gemis? Het jy seer gehad? Was jy bang? Maar dan word my brein rustig en ek sê vir myself “nee Karlou onthou die gelukkig oomblike, die lag, die soene, die knibbels, die stappies, die hardloop, die skelm voer, die cuddles, die zoomies en net vir jou.
My sweetie pie, jy het verseker te vroeg gegaan, maar vir 4 jaar het jy my lief gehad met alles in jou, jy het my geleer van onvoorwaarlike liefde en hoe om voluit te lewe, dankie daarvoor.
Ek sal vir ewig dankbaar wees vir die kort tydjie saam met jou. En ek sal my besef probeer om mooi na die res te kyk net soos jy altyd gedoen het as ek nie hier was nie.
Ek mis jou so baie. Ek is lief vir jou ❤️
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort