Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
BUBU VAN SCHALKWYK
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN BUBU
9 Desember 2024
Liewe Bubu,
Vandag skryf ons hierdie brief omdat dit tyd is om van jou afskeid te neem, ons liewe viervoetige kind. Dit voel so vreemd om te dink dat jy nie meer by ons sal wees nie, maar ons wil jou bedank vir alles wat jy vir ons gegee het.
Van die oomblik af wat jy by ons gekom het, het jy ons huis met vreugde en warmte gevul. Jy was altyd so lojaal en vol liefde. Jy het soveel glimlagte gebring, nie net met jou geblaffery met die bal in jou mond nie, maar ook met jou sagte teenwoordigheid.
Jy was die beste vriend vir Lenerd. Ons gaan jou warm kyk, jou sagte pels en die oggende se vra vir ‘n “treat” baie mis. Jy kon praat! Die visvang trippies Skurweberg toe sal vir altyd in ons harte bly. Jy was meer as net ‘n huisdier, jy was ‘n lid van ons gesin, ‘n vriend wat altyd daar was vir ons.
Jou maters, Pablo en Samoesa mis jou geweldig, maar ons almal weet dat jy nou vry van pyn sal wees, en dit is die enigste wat ons vir jou wil hê. Nou is dit tyd vir jou om rustig te rus. Jy het hard gewerk om ons so gelukkig te maak.
Terwyl ons afskeid neem, hou ons die herinneringe van jou vas, die oomblikke van liefde en vreugde wat jy in ons lewens gebring het. Dankie vir alles, liewe Bubu. Jy sal altyd ‘n spesiale plek in ons harte hê.
Met liefde,
Jou gesin.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort