Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
CHICO VAN HEERDEN
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN CHICO
16 Julie 2013 – 12 Februarie 2022
Pappa se seun, ek is nie gereed om totsiens te se nie, die amper 9 jaar wat jy by pappa was, het jy my trots gemaak, jy het my depressie en seer binne genees en my hart heel gehou.
Jou plekkie is so leeg ek kan nie beskryf hoe geweldig ek jou mis nie. Ek huil nog aaneen oor jou. Ek het die naweek wat verby is van jou gedroom. Waar jy net vir pappa staan en kyk, ek was so verdwaal toe ek wakker skrik ek het nie geweet moet ek gaan kyk in die kantoor of wat is die realiteit nie.
Die kilometers wat ons saam gery het, sal ek altyd onthou, ons plekkies waar ons gestop het, om te piepie en die kossies wat pa vir ons gekoop het, jou koue vleisies as pa gaan inkopies doen het, jou lewer smeer Biltong flavour wat jy so lief voor was.
Ek dra jou by my elke dag, ek kan nie wag om jou te sien nie seun, jy moet net vasbyt pa kom na jou toe, tyd hier op aarde is vining.
Ek mis jou vreeslik ek het jou kombers in my kas weggesteek en jou beertjie slaap ek baie mee soos toe jy hier was. Ek ruik baie aan die kombersies net om jou ń drukkie te gee.
Pappa is bang om plaas toe te ry, my seun jy het geblaf vir die beeste, jy het die hele plaas op en af gehardloop, jy het langs pa gesit toe ek elke plant in die grond gesit het, ek hoef nooit alleen te gevoel het nie, as ek net my kop draai dan lê my seun vir sy pappa en kyk, as iemand my gesoek het, dan het hulle vir jou gekyk en geweet ek moet naby wees. Jy het my sy nooit verlaat nie. Ek was geseënd om elke dag jou by die werk te kon hê, elke oomblik van elke dag.
Daar is soveel mooi dinge wat ons saam gesien het, soveel mooi plekke waar ons was. My seun pa groet nie pa wil jou vir altyd hê by my, ek kan nie sê rus in vrede nie, maar dat jy my asseblief nooit alleen sal los nie. Ek treur Ek treur ek voel bleek en sonder keur my seun ek mis jou vreeslik baie.
JY WEET PAPPA HET VIR JOU DIE BESTE LEWE GEGEE WAT EK KON, JOU OP MY HANDE GEDRA EN EK SAL ALTYD, MOET MY ASSEBLIEF NIE MIS NIE WANT EK WIL HÊ JY MOET LANGS MY LOOP NOGSTEEDS OP MY BED SLAAP LANGS MY VOETE. EK WIL NOGSTEEDS HÊ JY MOET MY DRUKKIE GEE IN MY NEK. TOT EK BY JOU KAN WEES.
EK IS VREESLIK LIEF VIR JOU XXXX PA SE KIND EN GROOT LIEFDE, DANKIE VIR ELKE DAG EK WENS DIT HET NOOIT GE-EINDIG NIE.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort