Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

ISABELLA VAN DER MERWE

Message

IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN ISABELLA

1 September 2010 – 22 April 2026

Liefste Bellie

Jy was my en pappa se liefste klein dogtertjie. Ons harte is seer en ons huis en jou sprokiestuin is leeg sonder jou.

Mamma mis jou sagte lyfie en al die lekker drukkies en honderde soentjies. Ons sal jou vir altyd onthou my pop, maar ons weet jy kry nou asem en jou beentjies is nie meer seer nie.

Ons sal altyd vir jou lief wees en jou vir altyd onthou.

Liefde  Mamma

Liewe Bella,

My hart is baie seer dat jy nie meer hier by my is nie. Jy was nie net ‘n hondjie nie; jy was ‘n geselskap, ‘n bron van onvoorwaardelike liefde, en ‘n groot deel van my en mamma en ons familie. Dankie vir die jare se vreugde, die gewag op die bank en stertswaaie as ek by die huis gekom het, en die vertroosting wat jy my gegee het sonder om ‘n woord te sê.

Ek gaan jou sagte pels, jou speelse manière, daai lekker grom en speeletjies van jou en my op die bed, en jou lojale teenwoordigheid geweldig mis. Dit bring my bietjie troos om te weet jy het nie meer pyn nie en dat jy nou vry en gelukkig oor die reënboogbrug hardloop. Jy het ‘n onuitwisbare merk op my hart gelaat, Bella.Rus sag, my dierbare meisie. Jy sal altyd in my herinneringe en in my hart leef.

Ek is lief vir jou.

Liefste Bella,

Jy was meer as net ‘n hond gewees vir ons, vir ons was jy deel van die family, ‘n dogter en sussie.

Bella ons gaan jou mis. Hoop jy speel lekker met Zorro ❤️

Dit voel nog onwerklik dat jy nie meer hier is nie. Vir 17 jaar was jy nie net Ouma se hond nie, maar deel van ons familie. Jy was altyd daar met jou sagte oë, jou liefdevolle hart en jou manier om almal beter te laat voel, selfs op moeilike dae.

Ek gaan die klein dinge die meeste mis – hoe jy altyd vir aandag gevra het, rustig by Ouma gelê het en almal met soveel liefde gegroet het. Jy het vir Ouma soveel vreugde en troos gebring deur die jare, en ek weet daar sal altyd ’n leë plek wees sonder jou.

Dankie vir al die herinneringe, die liefde en die geluk wat jy vir ons gegee het. Jy was regtig spesiaal en jy sal nooit vergeet word nie. Al is jy nou weg, sal jy altyd in ons harte bly.

— Boodskap van Gizelle —

Ek onthou hoe ek en Bella saam gespeel het of sy wat mal gaan wanneer ons by die huis kom. En sy was so ‘n liefdevolle hond.

Sal haar vir altyd onthou ❤️❤️

Uzane

Liewe Bella,

Jy was ń klein hondjie met ń baie groot hart. Daar was altyd ń glimlag op jou gesig en lig in jou oë.

Ons sal jou altyd in ons harte hou.

Mag jy nou rus in vrede.

Van Abi

Van Mienke

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za