Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
TYSON SWANEPOEL
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN TYSON
22 September 2011 – 7 November 2021
Ai Tyson
Jy was so siek, vir ‘n maand was jy net so siek. Ons het alles probeer, maar jy het nie beter geword nie, jy sou nie beter word nie.
Ek is jammer dat ek dit nie vroeer gesien het nie. Jy was altyd ‘n picky eater en ek het dit as dit afgemaak. Altyd tot om jou groente geeet en jou mond vol kos rondgedra. As ek net besef het jy was so siek, het ons dalk net ‘n bietjie meer tyd gehad.
Ek is jammer Mathys. Jammer dat jy die vieslike siekte moes kry. Jammer dat jy so sleg moes gevoel het. Jammer dat ek die besluit moes neem.
Jy was net so siek en ek kon nie meer sien dat jy so sukkel en swaar kry nie. Daar was niks meer wat ek kon doen nie. Niks wat die dokter meer kon doen nie. Jy sou net nie beter word nie. Ek was by jou tot lank nadat dit verby was.
Maar ons het darem tien jaar gehad, al voel dit so min, is dit meer as wat ander het, meer as wat ek saam met van die ander gehad het. Tien jaar se herhinneringe en liefde…
Nou moet ek jou finaal groet…
Een van my bottel babas. Een van die drieling. Die kwaaiste een. Die een wat die meeste vol nonsens was. Die picky eater. Die een wat alles begrawe het. Die een wat altyd geblaf het as daar iemand was. Die een wat jou gesig altyd geruik het. Een van die die was opdringerig was. Die een wat altyd wou gaan swem, maar nooit naby die water gegaan het nie. Die een met die meeste name. Die een wat altyd baklei het.
Een in ‘n miljoen… Een van my seuntjies. Een van my kinders en ‘n deel van my hart.
Die hartseer sal met tyd beter raak en ek sal jou nie meer op jou plekkies soek nie. Ek sal nie meer luister of ek jou hoor nie. En ek sal die goeie herinneringe onthou. Ek sal dit alles onthou en jou nooit vergeet nie.
Die huis is al klaar leeg en stil sonder jou. EK moet nou leer om aan te gaan sonder jou. Cody soek jou, maar jy is nou weer saam jou sussie Trixie en kan weer lekker by Jess slaap. Jy kan saam met almal vir my wag tot ons mekaar weer kan sien.
Maar tot dan moet ek jou groet Tysie. Ek sal jou altyd in my hart dra. Ek sal altyd vir jou lief wees en jou mis. Na jou verlang.
Jy is nou gesond en kan nou weer jou vol nonsense self wees.
Dankie vir die tien jaar en die herinneringe. Dankie vir die liefde en dat jy myne kon wees. Dankie vir die altyd by my wees. Dankie dat jy jy was.
Ek mis jou al klaar so baie en sal altyd lief vir jou wees. Ek koester jou in my hart tot ons weer bymekaar kan wees.
Rus sag en gesond Mathys Johannes…
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort