Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
TRIXIE
Message
My ou Sussie kind…
Ek het so baie om vir jou te sê en so baie wat ek van jou onthou. My hart is gebreek, in tien duisend stukke. Jou tyd saam met ons was net te kort, jy was nog so jonk gewees en ek het gedink ons sal nog baie jare saam jou he, maar toe die diagnose kom, het ek geweet jou tyd is kort, maar dit was net te vinnig. Mens is nooit reg om afskeid te neem nie.
Jy het so hard baklei die laaste week en ons het alles gedoen om jou te kon help, maar jou klein lyfie was net te moeg en swak. Ek het geweet jy gaan nie weer huis toe kom toe ek jou hospitaal toe gevat het nie, maar mens sal altyd bly hoop. Ek is verskriklik jammer jy was alleen toe jy jou laaste asem gegee het.
Jou plekkie is leeg en niemand sal dit ooit kan inneem nie. Jy was so rustige siel, en net partykeer kwaai maar ook nie regtig nie… Jy het met jou klein gesiggie en ogies en rif op jou neusie altyd by my gesit en alles bekyk, dit sal altyd in my gedagtes bly. As ek in jou boeties se oe kyk, sien ek joune, julle was ‘n eenheid, my drieling en nou is daar net twee.
Jy is nie meer op al jou plekkies nie, maar ek sien jou nog orals. Jy was altyd by my. Wie sou kon dink dat ek daai raasbekkie so sal kan mis, wens dat ek jou stem net nog een keer kan hoor?
Ek het soveel mooi herhinneringe en soveel vrae. Wie gaan nou vir Newman uit die swembad red? Wie gaan nou vir Jess uit die slaap uit hou? Wie gaan nou die groceries en die ander se kos oppas? Wie gaan nou by my voete slaap?
Jy was so goeie ousus vir Casey. Jy was altyd by haar en het maar geduldig gesit dat sy jou kon soen en druk en vryf. Jy het haar so mooi toegemaak toe sy gebore was en haar bottels beskerm teen die ander. Jy het ook te lekker saam haar geeet. Sy soek en roep jou, maar sy sal jou nie onthou nie, sy is nog te klein, maar daar is soveel foto’s van julle twee en ek sal haar vertel van jou en die liefde wat sy vir jou gehad het. Ek sal jou altyd onthou.
Ons het ‘n ander band gehad, ek en jy, ek was die enigste ma wat jy geken het. Ek sal nooit die pajama drill en die soebat dat jy jou bottel moes drink vergeet nie. Jy was so bitter klein en toe al sterk, en jy het dit gemaak. Ek weet jy het goed daarvan oorgehou, maar nogsteeds was jy ‘n gelukkige hondjie.
Wie sou ooit kon vergeet hoe bly jy was toe ons jou na jou eerste heupoperasie gaan haal het, en so bang dat ons jou weer gaan los, dat jy heelpad op Koos se skoot gesit het en hy so moes terug bestuur. Jy was altyd bly en vol lewe.
Ek mis jou al so baie dat dit seer maak. Die ander mis jou ook, hulle gesiggies hang en Cody is baie hartseer. Ek koester die kosbare herhinneringe en tydjie wat jy by ons was. Rus sag ou Trixie, jy is nou sonder pyn en weer gesond. Wag saam met Maverick tot ons almal weer bymekaar is.
Ek sal jou altyd onthou, altyd mis en altyd lief he.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort