Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
PEGGY SWANEPOEL
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN PEGGY
20 Oktober 2012 – 4 Februarie 2026
Ai my Sue
Oor jou kan ek ‘n boek skryf…
My mees hardkoppigste hond ooit, jy het net geweier om iets te doen wat jy nie wou nie. Jy het so mooi hart gehad, almal was lief vir jou. Jy kon ‘n grudge teen iemand hou en baie lank vat om hulle te vergewe.
Ek kan nie glo jy is weg nie.
Jou hoogtepunt van elke dag was om te eet, jy was lief vir kos. Nog liewer vir hoewe, en het alles vir jou gevat. Jy was lief vir swem, en moes Koos help omdat hy volgens jou verdrink het.
Ek sal altyd daai lelike hondjie met die groot oe en ore onthou, wat toe in my pragtige Peggy verander het.
Jy was lief vir die ander honde en katte, nou is jy weer saam van jou maatjies en los van hulle ook agter. Hulle mis jou al klaar. Jy is die enigste een daar wat vir ou kleine Mira kan vat na die ander toe, doen dit asb.
Jy was so spesiaal, en het altyd gelag, daai vingertjie stert het so op en af beweeg. Jy was lief vir rondry. En altyd vriendelik, by die veearts almal geloop en groet, orals ingegaan om te groet.
Maar jy was ook so siek. Ek het gedink dit sou nog ‘n rukkie wees, gedink daar sal nog tyd wees, dit gaan dan so goed met jou. Maar net so, skielik, toe begin dit, en jy raak net sieker en sieker en daar was niks wat ons kon doen nie. Ek is jammer my Sue, ek kon jou nie sien so swaar kry nie, jy was so swak en ek wou jou net help. Jy sou nie beter word nie, en ek weet jy het baklei. Maar nou is jy gesond en beter en kan weer alles eet wat jy wil.
En ek gaan jou mis.
Ek hoor jou nog in die middae blaf vir jou kos, hoe jy skelm was en in die verby hardloop die ander se kos steel, ek kry myself nog uit die pad spring as ek die deur oopmaak, sodat jy my nie byt nie. Jy het my ‘n paar keer wel gekry….
Jou blaf, waaroor ons geraas het, sal ek nou enige iets gee om weer te hoor, jy het dit met soveel passie gedoen, in die lug opgespring soos ‘n perd…
Ek onthou hoe jy op my maag gele het toe ek swanger was, hoe lief jy vir Casey was. Hoe lief ons vir jou was.
Peggy, ek kan ‘n hele boek oor jou skryf, ek hou elke oomblik ek herhinnering styf teen my hart. Ek hou jou in my hart.
So rus sag my Sue, vry van pyn en siek wees. Eet almal se biltong. Jy is nou gesond. Speel en cuddle met die ander, en eendag, eendag is ons almal weer bymekaar.
I will love jou forever!
Slaap sag Suetjie
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort