Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

NEWMAN

Message

My ou Skapie

Dit is nou die laaste ding wat ek verwag het, die laaste ding wat ek wou doen, om jou te moet groet. Ek kan nie eers skryf nie, ek het net so baie om vir jou te se…Ek is nie reg om van jou afskeid te neem nie, ek is stukkend. Ek sal enige iets gee om jou nog ‘n rukkie langer by my te kan he. Jy was so ‘n spesiale seuntjie vir my.

My skaduwee, altyd by my, vandat my oe oopgaan tot ek gaan slaap, was jy daar. Saam in die badkamer en voor die stort, my bene gelek as ek uitklim. Voor my bed geslaap en altyd eers ‘n sug/kreun gegee. Ek kon altyd my hand net op jou kop sit as jy langs my staan. En nou is jy net weg!

Jy het ook altyd oor iets raas gekry. As dit nie was omdat jy die vloer vol gele het nie, was dit dat jy al die water opdrink, of oor jou obsessie met die visse, of oor jy Jess se oe lek, of jou gate in die tuin.

Jy was die stoutste baba, maar so mooi geleer en was so slim. Jy was so gehoorsaam, tot julle speelgoed opgetel as ek vra. Ek mis ons high-fives as ek verby jou loop. Altyd reg vir liefde en aandag. Jy het net nou begin vir Casey jou voet te gee, sy het dit so geniet.

Jy was die mooiste hond met die mooiste hart. So liefdevol en altyd vriendelik en ‘n stert wat swaai. Jy was so geduldig met Casey, sy kon maar aan jou hang of op jou sit sonder dat jy iets gedoen het. Sy het ook lekker met jou voete gespeel, jy het net rustig na haar gekyk. Ek sal nooit die huil geluidjies wat jy gemaak het as jy haar gesien het vergeet nie, selfs toe sy Vrydag vir jou kom kuier het, het jy gehuil omdat jy bly was om haar te sien. Hoeveel keer het ek nie in jou hare gehuil nie? Jy was altyd daar vir my.

Jy laat so groot leemte agter, in die huis en in my hart. So ‘n groot seun met so ‘n groot persoonlikheid. Jou druppels waar jy water gedrink het is weg, so ook die swart klossies hare wat die huis vol le. Jy was so lief daarvoor om gekam te word.

Jy was vreeslik lief vir swem en water, en nou is daar niemand om om my te swem nie. Niemand om Casey te “herd” nie. Jy moes altyd iets in die mond he, altyd iets gaan haal en vir my gebring. Ek het jou balletjies gebere.

Jy was nooit siek nie en toe gebeur die ding! Die ding wat my seuntjie binne vyf dae gevat het! Ek het probeer, jy het probeer en ek het jou so jammer gekry. Jy was so swak en dit was so ‘n moeilike besluit vir my. Hulle se dis beter vir jou, maar dit voel of ek te maklik opgegee het. Ek wou nie he jy moes swaarkry nie. Ons het nie eers kans gekry om te baklei nie. Ek was nie reg nie en net so bietjie selfsugtig. Ek het maar gedoen wat beter vir jou is.

Ek is jammer!

Ek mis jou so baie en is so lief vir jou, woorde kan dit nie eers beskryf nie. Onthou dit asb altyd. Ek weet dat jy net so lief vir my was. Ek het so baie om van jou te onthou.

Tyd stap aan en eendag sal ek aan jou kan dink met ‘n glimlag en nie trane nie.

Kyk uit vir Maverick, laat hy jou aan Rusty en AJ voorstel. Trixie gaan so bly wees om jou te sien. Moenie te veel vir Zoey treiter nie. En wag vir my!

Rus sag my seuntjie, sonder pyn en siek wees. Drink soveel water as wat jy wil. Jaag daai voels en visse. Dra alles rond wat jy kan.

Jy was ‘n baie spesiale hond vir my, my Newman-pie. Jy sal altyd ‘n plek in my hart he. Dit was die grootste voorreg en vreugde om jou vir so kort rukkie in my lewe te kon he!

Baie liefde vir altyd en altyd

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za