Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
JESS SWANEPOEL
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN JESS
10 Desember 2008 – 27 September 2021
Ai my Jess….
Waar begin ek? Hoe groet ek?
My hart is so seer en ek probeer so hard om nie te huil nie. Ek herhinner my die heeltyd dat dit die beste vir jou was, dat jy nie meer sukkel nie, dat jy weer gesond is, dat jy nie meer pyn het nie, maar dis nie so maklik nie… En soos ek hier sit, weet ek nie wat om te skryf nie. Ek kan net nie afskeid van jou neem nie.
Jy was so deel van my, my derde been, nou moet ek aanpas om te le en jy is nie daar nie. Ek luister die heeltyd dat jy moet roep dat ons jou moet kom help of vir kos blaf, dit was die hoogtepunt van jou dag gewees. Die huis is so leeg en stil sonder jou.
Jy was my meisiekind, my favourite (soos Casey altyd sê), ‘n baie groot deel van my hart en bestaan. Die vriendelikste hond, die sagste hond. Jy was net lief vir almal en wou net jou bruin kol gekrap hê.
Ek het soveel herhinneringe van jou, jy was so lank deel van ons. Jy was nooit ‘n stout baba nie, ek gee nie om wat Koos sê nie. Jy was wel ‘n lelike baba, daaroor sal ek nie jok nie, maar jy het groot geword en so mooi geword met die silwer strepies in jou hare.
Ek weet Carmen gaan dit mis dat jy altyd haar tone wou byt. Jinne jy was erg oor ‘n tyre, tot die garage oopgebreek om by dit te kom. Jy was lui en wou net slaap. Jy was liefdevol en wou altyd by my wees. Jy was rustig en geduldig en in my opinie die perfekte hond.
Maar ja, nou sit ons hier, en ek is sonder jou. Dis nou eers ‘n dag, maar ek verlang al so baie na jou.
Jy het maar van kleins af baie probleme gehad, en ons het vir jou gesorg . Verlede jaar toe jy jou eerste hartaanval gehad het, het ek so groot geskrik en elke keer met die aanvalle. Die dokter het net gesê jy is baie oud vir ‘n Bulldog en ons het geweet iets sou iewers moes begin. So het jy skielik oud begin word en die pille het meer geword, maar jy was elke keer nog ok. Jy wou nooit jou beurt by die veearts wag nie, gedink die plek behoort aan jou, jy het die pad goed geken, selfs gister wou jy nie wag nie, net deurgaan.
So ek is jammer my Bok, jammer dat ek dit so half beplan het, jammer dat daar niks meer was wat ek kon doen nie, jammer dat ons nie net nog so bietjie meer tyd gehad het nie. Ek het geweet as ek jou vat gaan dit die laaste wees, geweet jy kry swaar, geweet ons wil nie meer hê jy moet so swaar kry nie. Jy het so gesukkel om te loop en dit het my hart gebreek. Ek het alles vir jou gedoen wat ek kon, maar dit was nou buite my beheer. Ek kon seker nog so bietjie gewag het, maar die dokter het gesê jy kry swaar en het seer. Ek sal enige iets gee om net nog so bietjie meer tyd saam jou te hê.
Ek moet nou gewoond raak om te slaap, jy het my so baie wakker gehou en baie aande het ek op ‘n ander plek gaan slaap. Ek was fyn ingestel op jou en geweet as iets fout was. Soos ek gesê het, jy was so groot deel van my.
Jy was die baas van die huis, almal moes altyd net vir jou pad gee, of dit nou oor kos was of dat iemand op jou plek moes skuif en almal het dit maar gedoen.
Ek dink die heeltyd aan hoe bly jy en Zoey was toe julle mekaar weer sien, julle twee was so vreeslik lief vir mekaar en is nou weer bymekaar. Jy kan nou vir Cooper en Hailey aan die ander gaan voorstel. Julle kan almal saam vir my wag, want julle raak nou baie daar.
So ja, nou sit ek hier met ‘n gebroke hart en weet nogsteeds nie hoe om te groet nie en wat om vir jou te sê nie…
Jy was my hond. Jy was my kind. Jy was een van my grootste liefdes. Jy was altyd daar, as ek siek was, het jy by my gebly. Ek kan net dankie sê vir Covid dat dit my die geleentheid gegee het om die laaste ruk so baie tyd saam jou kon gehad het, al het jy net by my gelê as ek gewerk het.
Die mooiste hond, die mooiste hart, my Jess, my Poepies…
Ek gaan jou mis, ek mis jou al klaar. Ek is jammer, maar dit was die beste vir jou. Ek verlang, ek soek jou en jy is nie daar nie. Jy was een in ‘n miljoen, Niemand sal ooit naby jou kan kom of jou plek kan vat nie. Jy was my meisiekind en jy was so geliefd.
Ek weet nie hoe ek sonder jou sal aangaan nie. Jou plek sal altyd jou plek bly, by my bene en ‘n baie groot deel van my hart.
So Jess, rus sag. Sonder pyn, sonder siek wees en jy kan weer opstaan en loop sonder om te val.
Ek sal jou weer sien.
En dankie dat jy so oud geword het. Dankie dat jy my hond was en ek jou mens. Dit was die grootste voorreg om jou te kon ken. Dankie dat jy jy was.
Ek is en sal altyd so lief wees vir jou my Bok.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort







