Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
JACK SWANEPOEL
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN JACK
22 Junie 2010 – 10 April 2026
Jacky Jack
Ek kan nie glo jy is weg nie, ek kry my die heeltyd soek na jou, gaan kyk waar jy is of wil jou roep vir jou kos. Dis laaste ruk was alles vir jou volgens ‘n tyd, en nou vind ek my met meer tyd, en dit is vreemd.
Jy was ‘n hele rukkie siek, maar net skielik het alles begin. Sou ons jou opneem sou dit nie eers gehelp het nie, jou lyf was besig om op te gee. En wie kan jou kwalik neem, soveel pille en spuite en naalde. Jy is gelukkig by die huis dood, maar dit het so lank gevat, die dokter het gese jy het nie gely nie, dit laat my beter voel.
Ek kan baie van jou onthou en vertel, en ek het so gesukkel om ‘n foto van jou te kry, hierdie een is ouerig en nie een van die bestes nie, maar jy het of wou nooit na die kamera kyk nie.
13 jaar terug toe ons jou opgetel het was jy so siek en amper dood, ons het jou gesond gekry en vir 13 jaar het jy lekker gelewe. Die dokter het gese jy sou hierdie jaar 16 gewees het, ons sal nooit regtig weet nie, maar jy was oud.
Jy het nie van die dogtertjie dokter gehou nie, jy het so geskree by die veearts as sy aan jou raak, hoekom weet ons nie, maar jy het perform daar. In die middae as jy begin vir Casey soek en as jy haar kry, begin vir haar blaf dat sy jou pille moet gee, pille beteken dis amper eet tyd. Hoe ek en jy gespeel het met jou koekie in die oggende en jy my kastig sou byt oor dit. Jy was tog so kwaai met die groot honde.
Jy was so lief vir eet, dat jy so vet was. Jy het kenne en rolle gehad. Mens kon skaar jou stert sien. Maar jy het jou lewe raserig geniet.
Jy het die katte se bokse en tonnels rondgeskuif soos jy geskuur het teen dit, jy het altyd gejeuk. En daai vel was iets wat ons net nooit beter kom kry nie en ons het alles probeer.
Toe begin jy meer slaap en die grys hare word meer. Meer dokters besoeke en medisyne, jou hart. Jy het blind geword, jou suiker, en moes elke dag inspuitings kry en soveel keer bloed trek. Jy het vir so lank so goed gedoen. Die laaste maand kon mens sien jy was nie meer reg nie, die tekens het stadig gekom.
Jy en Peggy het gereeld saam vir julle check ups gegaan en na twee maande is julle weer saam. Maar die keer is altwee van julle weer gesond en jy kan weer sien.
Jy was ouma se gunstelling.
Ons gaan jou mis Jacky, jy was ‘n teenwoordigheid in hierdie huis.
Ek het berusting dat dit beter is, dat jy nou beter is en dat jy nou kan rus. Jy is weer saam al jou maatjies en ek weet jy gaan nie vir hulle terugstaan nie.
Jacky Jack, Jack Jack.
Jy was geliefd, ons almal gaan jou mis en ons sal jou weer eendag sien, en nog beter, jy gaan ons ook weer kans sien.
Maar tot dan, rus sag en wag maar geduldig vir my. Jy is nou vry van al die pille en naalde.
Jy sal altyd in my hart bly.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort