Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply


HAILEY

Message

IN HERINNERING AAN HAILEY

Hailey

Jy was ses maande, een week en vier dae oud. Jy het in my lewe gekom 20 Februarie en op 20 Junie my verlaat. In vier kort maande het jy so groot impak op my lewe gemaak, die hond wat ek nie wou he nie. Ek dink ek wou nie, want ek wou nie die seer he om weer te moet groet nie.

Ek het gedink ek sal jou finale groet eers oor jare moet doen, maar toe nou nie… Nou sit ek hier en moet een besonderse spesiale hond groet. Ek wens ons het die kans gehad om jou meer te ken en lief te he.

Ek het gese ek soek nie nog honde nie, en toe kry ek vir jou en jy het so vinnig so diep in my hart gekruip. Ek is so lief vir jou en besef nou eers dat ek jou nodig gehad het, jy het vir my soveel vreugde gebring.

Dit maak net nie sin nie en ek verstaan nie, jy was dan so gesond? Daai oomblik wat jy voor jou laaste asem uitgeblaas het, het jy my in my oe gekyk en gemompel, asof jy iets vir my wou se of jy het seker vir my iets gese. Dit was so vinnig, ek kon nie eers groet nie. Ons het probeer… Ek kan my net troos dat jy in my hande dood is.

My hart is vreeslik seer en die trane wil nie ophou nie…

Jy was orals en het so ‘n persoonlikheid gehad, almal was mal oor jou. Jy was so ‘n mooi hond. Jy het ‘n indruk op baie mense gemaak.

Casey se maatjie, jy was so erg oor haar en sy oor jou. Julle het altyd so lekker gespeel en jy het haar geboelie. Haar hart is baie seer.

Die huis is so stil sonder jou. Die ander le net, niemand speel nie. Jy het altyd met Jack gesukkel, en so lekker met Peggy en Page gespeel, en as jy wou cuddle, was dit by Jess.

Jy was besig en stout, nie hoe ek Jess as ‘n baba onthou het nie. Miskien moes jy opmaak omdat jou lewe so kort sou wees? Altyd aan iets probeer kou. En jou waggel as jy iets gesteel het en probeer weg hardloop het, asof dinge net te lank en jy net te kort was. Ek onthou hoe jy altyd in die waterbak geswem het. Ek sal nooit weer groente kan plant sonder om aan jou te dink nie. Hoe jou hele lyf geskud het en hoe skeef jy geloop het. Jy was vocal, veral as jy nie jou sin kry nie en het altyd op Koos se voete gesit. Jy het so vrot gepoep en geburp wat ‘n volwasse man in die skande sou steek. Wasgoed was altyd ‘n bakleiery tussen ons twee…

My Hailey-Ka-Pailey… Ek soek vir jou… Ek werk sonder my assistent. Jy sit nie op al jou plekke nie, jy probeer nie meer orals opklim nie, jy neem nie meer my plek op die bank oor nie… Jy wou altyd net by my wees.

Jy was so lief vir eet en kwaai oor jou kos, ou vettetjie. Jy sit nie meer op my voet terwyl ek jou kos maak nie. Jy sit nie meer en wag vir iets om te eet nie. Jy het vinnig geleer om te gaan sit om iets te eet te kry, maar dit werk nie so nie…

Jy het so ‘n vreeslike voet fetish gehad, ek dink dis wat almal die meeste van jou sal onthou. Niemand se voete was veilig nie. Dis vir my moeilik om te loop of in die huis te kom en jy hang nie aan my voete nie. Ek het al so gewoond geraak om jou saam te sleep. As jy eers daai kyk gekry het, dan het ek geweet hier kom dit nou.

Jy was myne!

En jy was so vol lewe, dat dit nogsteeds nie sin maak nie. Jou lewe is net te vinnig kort geknip. Jy het jou werk in vier maande voltooi, die rede hoekom jy in my lewe moes wees vir so kort rukkie is steeds onbekend, maar God weet wat was Sy plan, en hoopenlik sal ek ook eendag weet.

Jy is die engel met die helderste vlerke.

Bly maar naby Cooper, al het hy nie van jou gehou nie. Hy was oud en jy was lief om met hom te sukkel. Dis al wie jy daar ken, en eendag sal ek jou weer sien en jy aan my voete hang.

My hart is baie seer en jou diep spore is veraltyd daar. Ek gaan jou so baie mis, my Hailey. Ek is vreeslik lief vir jou. Jy was wat ek nodig gehad het, sonder dat ek dit geweet het.

Dankie vir die voorreg om jou ma vir vier maande te kon wees. Jy was besonders en spesiaal, en het vir my soveel vreugde gebring.

Rus sag my Hailey.

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za