Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

COOPER SWANEPOEL

Message

IN HERINNERING AAN COOPER

Ai ou Cooper,

Ek stel hierdie so uit en uit, ek wil nie regtig vir jou groet nie. Jy was net so kort rukkie by ons, net so oor die sewe maande, maar in sewe maande het ek lief geraak vir jou en na net sewe maande mis ek jou al klaar.

Ek het jou in daai hok gesien en gese ons moet jou gaan haal. Mense het jou in die steek gelaat, hulle het jou so verniel en jou siel gebreek. Dit was asof jy opgegee het. Ek sal dit nooit kan verstaan nie, want jy was so mooi en so vriendelik en so sag. Jy het nie jou vorige lewe verdien nie. Maar vir sewe maande het jy liefde en aandag en ‘n warm bed en ‘ n vol maag geken. Ek is so bly dat jy dit darem in jou laaste paar maande ervaar het.

Elke dag het jy verbeter. Jy wou nie in die huis nie, jy het nie eers ‘n kombers geken nie. Jy was bang vir almal en onseker van alles. Maar jy het so vinnig begin beter word en begin vertrou.

Ek wens daar was iets wat ons kon doen om jou te help, om jou net so bietjie langer te kon ken. Dit was vir my so erg om jou so te sien, om te sien hoe jy sukkel en probeer het. Daai lyf wou net nie. So ek is jammer, dit is wat beter was vir jou. Ek het by jou gestaan en gevryf en in jou oe gekyk, jy was so rustig.

Ek mis jou en soek jou. Elke middag as dit begin tyd raak vir eet, wanneer jy teen my vasgeplak sal wees en trippel en dans tot jy jou kos kry. Dit was dieselfde in die oggend. Ek het nog nooit ‘n hond so lief vir eet soos jy gesien nie.

Ek kry myself in die aande vir die deur en kyk wanneer jy in kom en by ons kom le. Jy het altyd maar verkies om buite te le. As Koos weg was, dan het jy vir hom buite gele en wag. In die reen het jy gele en toe besef ek hoe slim jy was, jy het dit gedoen om afgedroog te word. Ek het jou hoeveel keer gaan inroep en deure oopgesluit en spesiaal die hek gaan oopmaak sodat jy kan inkom.

Ek sal nooit vergeet in jou eerste ruk by ons hoe min ek geslaap het nie, jy het my die hele nag gesit en dopgehou, daar was ook ‘n paar keer wat ons Casey hoor skree het in die middel van die nag, gewoonlik net jou naam, ek weet nie wat het jy gedoen nie, maar ek vermoed jy het aan haar geraak of vir haaar ook gesit en kyk. Jy het jou plek voor my bed in die middel van die vloer gehad en dit was al waar jy wou le.

Jou eerste keer wat jy gekam was, jy was mal daaroor. Jy was so sag en geduldig met Casey, sy is so lief vir jou. Ek het darem ‘n paar herhinneringe van jou en ek dra dit in my hart.

Maar ja, hier is ons nou, en ek wil vir jou net se dankie, dankie vir die kort rukkie wat jy by ons was, die kort rukkie wat ek lief geraak het vir jou. Dankie dat jy my gehelp het om vrede met Newman se dood te kon maak. Dankie vir die hond wat jy was en vir die diep spore wat jy in my hart getrap het.  Ek wens ek kon jou vroeer ontmoet het, sodat ek jou langer kon ken.

Ek kan nie vir jou se om die ander te gaan soek en saam met hulle te wag nie, jy ken hulle nie, en jy was tog maar ook ‘n alleen hond. Maar le daar in die plante en wag tot ons almal weer bymekaar kan wees.

Ek is lief vir jou Super Cooper en rus sag, hondehemel het ‘ n baie spesiale hond bygekry.

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za