Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
CODY SWANEPOEL
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN CODY
22 September 2011 – 13 Februarie 2023

Ai my Beer…
Alles voel so onwerklik, as ek dink jy is weg, steek dit in my hart en binneste. Hoe kon dit gebeur het? Hoe kon jy so siek geword het? Ons het alles probeer en alles gedoen, maar hierdie siekte het gewen. Ek wens so dinge kon anders wees.
Ek mis my drukkies en my cuddles, selfs die raas oor jy die kussing suig. Jou gebedelry, mense kon by jou leer hoe om dit te doen. As daar iets geeet word was jy daar. En toe wou jy nie meer eet nie…
Ek is dankbaar vir Sondag aand se cuddles, ek het dit so nodig gehad. Jy het my altyd getroos en gecuddle as ek dit nodig gehad het. Jy het my self kom drukkies gee as ek gehuil het oor jou.
Ek mis so my oggend groet, my drukkies en dan die send off wat jy begin het met die ander honde. Dis nou baie stil as ek ry…
Ek voel net nie reg om vir jou te groet nie, dit voel of daar net te min tyd saam was. Ek weet nie eers wat om te sê nie, ek het so baie vir jou gesê voor jy gaan slaap het. Ek weet jy voel nou beter en is verlos van die siek wees. Ek weet jy het rustig in my arms gegaan. Ek weet dit was beter vir jou, maar dit maak nie die seer beter nie.
Ek kyk so na jou foto’s, jy was so oulike hond, ‘n paar snaakse foto’s en video’s van jou. Jy was altyd lief vir mense en het gedink hulle kom kuier vir jou. Jy was so lief vir eet en enige iets lekkers. Jy was so lief vir Casey, en sy is vreeslik lief vir jou. Haar hartjie is baie seer en verstaan nie regtig nie. Ek probeer maar vir haar verduidelik, maar sy mis jou.
Die gespringery is ook weg. My meerkat as ek by die huis kom ook. As ek my kry dan soek ek jou, ek gaan kyk op al die plekkies waar jy altyd was, die goed wat jy altyd gedoen het. Maar daar is nie meer my Cody nie. Dis iets waarmee ek moet leer om saam te leef.
Ek wag elke dag as ek die deur oopmaak vir jou om in te storm en Koos se kussing te gryp…
Ai Cody, ek mis jou so baie.
My hart is seer en die verlange sal beter word. Ons sal eendag weer saam wees. Vir nou moet ek net eers gewood raak aan die stilte.
Ek vind berusting dat dit beter vir jou was. Ek wens net so dit het nie gebeur nie, dat jy nog hier was. Dat jy gesond was. Dat jy nog jouself was.
Cody, ek is dankbaar dat ek jou mamma was. Ek is dankbaar dat ek jou kon ken. Ek is dankbaar dat ek lief vir jou kon wees en dat jy so lief was vir ons. Ek is dankbaar vir jou en ek is dankbaar dat jy nog ‘n deel van my hart opmaak.
So rus sag my Beer, eet alles wat jy wil en suig almal se kussings. Spring en speel, jy is nou weer gesond! Jy is altyd in my hart, en my gedagtes. Ek sal jou altyd onthou, en nog meer altyd en altyd lief hê.
Ek gaan jou so mis my Beer.
Rus sag Seuntjie, tot ons almal weer saam is.
My drieling is weer almal saam.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort