Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
TEDDY TOEDELS STIPP
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN TEDDY TOEDELS
7 Desember 2022

My kosbare Teddy Toedels. My Toetertjie. My Happy Hond. My Sonskyn. My waterhond.
Ons het jou as ‘n “rescue” aangeneem 4 jaar terug. Jy was só stukkend. Binne en buite.
Ons het saam die pad gestap en as ek vandag terug dink, het ons mekaar heel kom maak. Want ons was maar almal stukkend.
Jy was my Happy hond. Jy het elke oggend met soveel vreugde opgestaan en was altyd heel eerste uit, al juigend. Vir jou was die wêreld een groot speelplek. Mamma het altyd gemor oor al die slakke en krieke en paddas wat jy in die huis in gedra het ek altyd al knarsend op getrap het.
Nooit het ek besef hoe BAIE ek dit gaan mis wanneer jy weg is nie. Ek soek jou in my beddings waar jy altyd rond gesnuffel het, neus op die grond en stert in die lug. Alles een groot speelplek.
Ek mis my companion wat elke oggend en elke aand saam my geloop het om die hemelse voëltjies te voer en hoe jy altyd met vere in jou mond orals geloop het wat jy opgetel het. Nou is my hemelse voëltjies steeds daar, maar ek stap elke keer nou alleen. En ek HAAT dit. Ek mis jou met alles in my hele hart… Die stilte maak my ore seer. Ek soek jou heeltyd oral.
Ek mis jou waar jy elke warm dag pens en pote in jou groot waterbak gaan lê het en sommer net baljaar het. Ek mis jou waar ek in my kantoor sit en jy soms net naby my wou wees en dan sommer op my skoot kom slaap het. Ek mis jou waar jy altyd by my kom lê het. Orals waar ek was. Ek mis jou verwelkoming wanneer mamma op die pad was vir werk en jy altyd so happy om die draai gekom het om my in die kombuis te begroet.
Ek mis jou elke aand waar jy in my arm kom slaap het. Jou harde snorkies wat my in die nag so veilig laat voel het.
Nou is alles weg. Net so. Sommer net een dag. En so skielik as wat jy in ons lewens in gestap het, so skielik het jy uitgestap. Net so…
Ek kan nooit weer dieselfde wees nie en sal jou elke dag vir die res van my lewe soek. En verlang. Dankie my Happy hond. Saam met jou, het die son ook weg gegaan.
My Toetertjie, ek het Dinsdag langs die pad gestop oppad van Limpopo af en ek moes net ‘n foto van die reënboog neem. Dit was ‘n reënboog wat ek van die begin tot die einde kon sien. Die eerste keer in my lewe. Min het ek geweet dit was “because you crossed the rainbow bridge”
Miskien het jy my kom groet.
Ek sal jou elke dag soek. Elke dag in my hart dra. Ek bid met my hele hart dat ons weer ‘n “eendag” sal hê.
Dankie dat ek so gelukkig was om jou kon mag hê. You were one of a kind.
Ek groet jou my Sonskyn hond. My Toedels.
Jy het alles vir my kom beter maak.
Met al ons liefde,
Mamma en Johna
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort