Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
ROXY STEINHOBEL
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN ROXY
30 Januarie 2010 – 20 April 2026
Liefste Roxy,
Ons harte is stukkend… Jou plekkie is leeg langs my en die huis is doodstil, want jou pote klik-klak nie meer deur die huis nie.
Ek kan nie glo dis 16 jaar nie… 16 jaar van onvoorwaardelike liefde en vreugde wat jy vir ons gegee het. Jy het in hierdie 16 jaar so diep in my hart ingekruip – jy het my hart se punt geword…
Waar ek gegaan het, was jy altyd by my, en as ek nie by die huis was nie, het jy een van my skoene gevat en op die bank neergesit waar jy gelê het. So was ons altyd op soek na ’n skoen, maar ons het geweet dit is jou manier om ons naby aan jou te hou.
Bal speel was jou gunsteling aktiwiteit, totdat jou lyfie te oud geword het om te hardloop. Dit het my hart gebreek om te sien hoe jy oud word, hoe jou lyfie al meer gely het, en ek wens met my hele hart ek kon dit vir jou makliker gemaak het.
Die keuse wat ek moes maak om jou te laat rus, was een van die moeilikste besluite wat ek in my lewe moes neem. Ek hoop jy verstaan dit was uit liefde – jy was moeg baklei… en ek kon jou nie meer laat jy ly, ek wou jou net laat rus want jy verdien soveel beter…
As ek kon, sou ek jou vir altyd by my wou hê, jou sagte lyfie teen my. Ons was so bevoorreg om jou vir so lank by ons te hê want in hondejare was dit baie oud gewees en ek is oneindig dankbaar vir die tyd wat ons gegun is om saam met jou te wees.
Jy was so ’n liefdevolle maatjie; selfs al was jou ou lyfie moeg, het jy nog elke middag met ’n swaaiende stertjie my kom groet en bly rondgehardloop en gespring as ek by die huis gekom het.
Deanie het jou so mooi beskryf, jy was die cuteste, coolste, vinnigste hondjie tjommie ooit gewees. Dit is swaar… swaar om met die lewe aan te gaan, en jy is nie meer hier om deel daarvan te wees nie.
Ek mis dit om elke oggend my beskuit met jou te deel en jou gunsteling treats, biltong en Marlton se treats elke dag vir jou te gee en jou ‘n drukkie te gee. Lugia en Deanie mis jou ook verskriklik baie. Maar ek weet ook dat jy nie meer seer het nie en wag vir ons aan die einde van die reënboog waar jy bal speel dat die klippies so spat.
Ek het jou oneindig lief, jy sal vir altyd in my hart en gedagtes bly, my liefste Roxy…
“The heart that truly loves, never forgets” – Thomas Moore
Baie, baie liefde Mamma Ronel
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort