Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
NEMO SCHOULTZ
Message
IN HERINNERING AAN NEMO
My Liefste Nemotjie
Jou plekkie in die Schoültz gesin is dol leeg, en ons almal verlang jou so ontsaglik baie.
Jou klein lyfiejie het geveg tot aan die einde, soos die klein vegtertjie wat jy was.
Jou Oupa en Ouma het geweet dat jou klein lyfietjie nie meer kon aangaan nie, en dat al jou maatjies in die Hemel vir jou wag, sodat jy met hulle kan gaan speel en dat jy geen pyn meer gaan hê nie. Ek is seker die biltongtjies en droeëworsies val sommer net so uit die Hemel vir jou om te eet.
Jy was die mees geseënde hondtjie om so ‘n wonderlike Oupa en Ouma te kon hê, en hulle wou net altyd die beste vir jou gehad het. Hulle het jou gedra met soveel liefde deur die tyd wat jy so siek was. Jy sal altyd in hulle harte wees en in jou klein gees by hulle wees en oor hulle kyk en van alles wat sleg is in die lewe beskerm.
Ek sal jou altyd onthou as my beskerm-hondtjie. Jou vriendelike gesiggie en groot ogies sal ek altyd in my hart bêre, sodat ek jou elke dag onthou. Ek sal altyd onthou hoe bly jy was as ek kom kuier het, en jou gesiggie wanneer jy sien ek het my tasse gebring om sommer die hele naweek by jou te kuier. Dit was ons kosbare tye saam.
Ons gaan jou altyd onthou vir jou plekkie voor die heatertjie, jou vet boudtjies wat so lekker gestap het, jou een beentjie wat moes uithang uit jou hokkie wanneer jy geslaap het, hoe lekker jy op die mat op jou rug geslaap het, hoe lekker jy saam met Oupa manne dinge gedoen het in die garage, hoe jy by Ouma gesit het as sy in die oggend haar hare geblaas het en haar make-up opgesit het.
Jy is so geliefd klein Nemotjie. Ons almal het so baie geleer by jou want jou klein sielietjie is so opreg en net vol liefde vir ons almal.
Jou plekkie is leeg in ons huis klein Nemotjie en jy sal voortleef in elkeen van ons se harte vir altyd en ewig.
Ons lief jou so baie.
Yolande, Oupa, Ouma, Minette, Riaan, Darius en jou vet sussie Chloe’tjie.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort