Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
BOLLA ROUX
Message
My liefste Bolla Beer
I WILL ALWAYS LOVE AND HONOR YOU!
Nooit sal ek vergeet die dag toe ek jou gekry het nie. Shel het by snips gewerk, en Jy my mooiste baba was my vroee 16de verjaarsdag geskenk (and the best one at that). Ek onthou jou apricot oortjies en mooiste swart en pink neusie wat later heeltemal swart geword het, en die oortjies heeltemal wit. Jy was toe al die mooiste hondjie en soos jy ouer geword het het jy net NOG mooier en ons NOG liewer vir jou geword. Jy was die eerste 5 dae stom, het glad nie geblaf nie, maar my mooiste, toe jy jou blaf ontdek het het jy hom gegooi soos ‘n Rotweiller!! Jy het ons hele harte, en beddens vol gele met jou groot lyfie.. I will truly miss that.
GEEN man of mens kon met jou plekkie in my hart compete nie. As ek hartseer was het jy my trane af gelek, en kon jy my so gou weer kalm en rustig maak. Daar was vir my geen Greater joy as om jou vas te hou of net by jou te wees nie. Jy was die beste, mooiste, sagste en mees sielvolste hondekind wat bestaan het. My bolla baba met haar groot lyfie, my Gentle Giant, jy het al deur soooo baie gegaan en sterker daar uit gekom. Jy sal altyd ons BABA bly. En altyd in ons harte bly. Dankie vir die mooiste herinneringe my boerie, dankie dat jy altyd daar was vir my, en altyd by my wou wees. Dat jy as die Donderweer begin het by my kom skuiling soek het. Vir jare het ek op en af met jou 20kg lyfie gestap en getroos as jy bang was. En net so het ouma ook aande om saam jou gesit as jy bang was.
Hierdie mamma het al soveel trane oor jou gestort my lief, van daai eerste 2 weke wat jy teen n maag bug geveg het en ek in die hospitaal geboer het om by jou te wees, tot jou kruis liggament operasie, en elke skewe poep waarvoor ons jou veearts toe gevat het. Want NIKS mag my baba bollatjie seer gemaak het nie.
Jy was my HELE hart. My ALLES. En die Here het geweet as daar ooit iets met jou moet gebeur gaan hierdie mamma dit nie oorleef nie. En toe stuur Hy vir my vir sussie, om my hart mee te deel. Sy en Pappa Jean is nou die enigste rede vir my sanity, die enigste rede hoekom ek verantwoordelik moet bestuur en optree want sonder hulle en sonder jou my engel baba, kon Hy maar vir my ook kom haal. Vanoggend was een van die moeilikste oggende van my lewe. Hoe se mens totsiens vir so groot deel van jou. Hoe aanvaar ek dat ek jou nooit weer gaan sien nie. Hoe vergewe ek myself dat ek nie by jou kon wees gisteraand in die storm toe jy in die hospital was nie. Ek wou met alles in my gisteraand hospitaal toe jaag net om vir jou te se ons is lief vir jou,, jy moet beter word. Die veeartse was positief dat jy oraait sou wees my baba, maar die Here het ander planne gehad. Hy weet wanneer dit jou tyd is. My hart was nog nooit so seer nie. Dis die Seerste seer ooit.
Ek is soooo bly dat ek en ouma dit gemaak het om vir jou Bye te se en my ewige liefde aan jou te beloof. Ek het gesien jy hoor my, ek weet jy wou veg my skat, maar dis okay. Soms is dit nie vir ons om te besluit nie, Liewe Jesus het jou nodiger gehad as ek. En Hy het sy aardse engel kom haal om te baljaar in die Hemel. Rus sag my mooiste Boerie, en weet ek is, was en sal ALTYD onmenslik lief wees vir jou. Till we meet again in heaven my love – Vlieg hoog my mooiste engel!! My arms sal altyd oop wees vir jou dat jy in dit in kan Hardloop as ons weer in die Hemel ontmoet.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort






