Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
OUMIE
IN HERINNERING AAN OUMIE 24 Mei 2003 – 3 Mei 2017
Message
Ligte bruin ogies wat roep: “Oupa dis tyd! Dis vyfuur.”
“Jy moet begin kos maak! Ons honne kinners is honger!”
Dan wag jy in die kombuis, al onder my voete in.
Jy kyk of ek dit reg doen.
Daai ogies wat die laaste paar maande beswaarlik kon sien.
Met klein voetjies het jy jare lank memories in my hart getrap, my babatjie.
Ewig by my… Om my….Op my……Binne in my hart.
Jou fotos vertel ‘n storie.
Die lewe was wreed met jou klein lyfie.
Verskeie operasies en siektetjies.
Jy het dit trots beveg. En vasgebyt. (Amper 14 jaar lank.)
Totdat Vader Tyd teen jou gedraai het.
Jou organe het begin aftree. Een na die ander.
Ek het gevra dat jy vasbyt tot Mei maand toe en jy het. Net- net.
Die 1ste Mei was daar nie ‘n vyfuur nie.
Ook nie die 2de Mei nie. Of die 3de nie.
Die bruin ogies het nie meer gevra vir kos nie!
Honger was jy nie meer nie. Nie meer bekommerd oor vyfuur nie.
Jy het handoek ingegooi. Was moeg vir veg. Die 3de Mei.
Ek sien jou nog buite staan. Half blinde bruin ogies wat in die verte staar.
Die wind wat jou sagte ‘punk’ haartjies vertroetel.
Ek voel jou nog op my skoot lê as ek TV kyk.
Ek roep jou nog om te gaan piepie voor ons gaan slaap.
Rus sag Ouvroutjie, rus sag!
Ek hoop daar is ‘n vyfuur vir jou waar jy nou is.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort