Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

ZOË PIETERSE

Message

IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN ZOË

4 Julie 2025

Op Vrydag, 4 Julie 2025, om 18:50, het die wêreld vir ‘n oomblik stilgestaan en my hart in duisend, nee, ‘n miljoen stukke gebreek. Die pyn is onbeskryflik, ‘n leemte wat deur niks gevul kan word nie.
Ons moes Vrydag totsiens sê vir my onvervangbare, kosbare meisiekind, my Zoë. Net drie weke gelede is sy gediagnoseer met ernstige, aggressiewe kanker, en vanaand het haar moeg lyfie vir ons gefluister dit is tyd om te rus. Met ‘n hart vol onmeetbare liefde, trane wat onophoudelik gestroom het, en die swaarste besluit wat ek ooit in my lewe moes neem, het ons haar saggies gehelp om oor die reënboogbrug te loop, waar pyn en lyding nie meer bestaan nie, net ewige vrede.

Zoë was soveel meer as net ‘n hond. Sy was my kiddo, my beste vriendin, my lojale metgesel vir elke dag, elke avontuur, elke stil oomblik. Sy was my kindjie, my troue skaduwee wat my oral gevolg het, my warmste kombers op koue dae, die stil aanwesigheid wat alles beter gemaak het. Sy was my Sussie en my Gemors — die klein, ondeunde sieltjie wat elke hoekie van ons huis en elke vesel van my bestaan met onvoorwaardelike liefde, lag en ‘n ongelooflike warmte gevul het. Haar teenwoordigheid was ‘n geskenk uit die hemel, ‘n seëning wat my lewe op ‘n manier verryk het wat ek nooit gedink het moontlik was nie. En al het sy ‘n sagte siel gehad, het sy ‘n besondere talent gehad om die huis se “skirtings” te bewerk asof dit ‘n kunsprojek was!

Tien jaar lank het sy my wêreld verlig met pure vreugde, onuitputlike lojaliteit en ‘n onvoorwaardelike liefde wat net ‘n hond kan gee. Elke snuf, elke wikkel van haar kort stert, elke sagte lek het ‘n storie vertel. Ek kan steeds nie, ek wíl nie glo sy is weg nie. Die stilte in die huis is oorverdowend, ‘n leë plek waar haar pootjies moes wees, waar haar snoesige lyfie langs my moes lê, waar haar sagte teenwoordigheid my sou gerusgestel het. Ek gaan selfs daardie eienaardige, maar gerusstellende gesnork van jou mis, Zoë, en jou absolute gunsteling posisie om op jou rug te lê, bene in die lug, asof jy ‘n lugversorger in die somer was. En ons ‘walkies’… daardie ‘walkies’ waar jy my eerder gevat het vir ‘n staptog as andersom, want wie het nou eintlik wie gelei, né? Elke hoekie roep haar naam, elke gang is leeg sonder haar.

Selfs Ziggy, jou man, jou maatjie, is verlore sonder jou. Hy mis jou snoesige drukkies, die lawwe speeltyd, sy onverskrokke maatjie in misdaad, en sy persoonlike lyfwag. Sussie, G mis jou verskriklik baie, jy het diep spore in sy hart getrap. Yoko soek ook na jou en verlang, en glo dit of nie, ek dink sy en Ziggy gaan nou ‘best buds’ word en dalk die ‘love-hate relationship’ na ‘n beter vlak toe vat. Cayds en Nytjie se harte is net so stukkend. Suzy verlang ook so baie na jou en is baie hartseer. En Kala, jou gunsteling babysitter en groot tjommie, gaan julle tye saam verskriklik mis. Ek belowe jou, my liefste

Zoë, ek sal goed na hulle almal kyk, en hulle ekstra liefde gee.
My dierbare Zoë, dankie. Dankie vir elke oomblik, elke onvergeetlike herinnering wat ek vir altyd diep in my siel sal koester — selfs die bietjie skade aan die “skirtings” sal ek nou met ‘n glimlag onthou, want dit was net jy. Dankie dat jy my vertrou het met jou hele hart, dat jy my terug liefgehad het op daardie spesiale, diepgaande manier wat net honde ken — ‘n liefde so suiwer en eg. Jy het ‘n onvervangbare stukkie van my hart met jou saamgeneem oor die reënboogbrug, en die leemte wat jy agterlaat, sal vir ewig bly. Ek sal jou elke, elke liewe dag mis, tot in ewigheid.
Hardloop nou vry nou my sus, oor daardie ewig groen velde waar die son altyd skyn en die water kristalhelder is (ja, jy mag daar ook swem). Snork kliphard, neem jou favourite possise in, kou aan “skirtings” en stuur groete en leifde vir ma. Jy sal vir altyd my Sussie, my Gemors, my kosbare kiddo wees. Jou pyn is nou verby, rus sag Sussie

Ek was meer as net bevoorreg; ek was geseënd, en nederig dankbaar om jou dad te kon wees. Tot ons weer ontmoet, my Zoë!

Van, jou dad en Ziggy

Maurice-Johan en Ziggy Pieterse

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za