Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
PEPSI PIENAAR
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN PEPSI
27 Maart 2011 – 20 Maart 2026
Pepsi’tjie! Kom!… Pepsi!
Dan waai jou stert, jou ore trek plat en jy kom… volspoed tot tussen ons bene. Jy draai jou koppie skuins en jou ogies vra “Wat?”. Jy gee geduldig jou voet voor ‘n bederfie of kos. Wanneer jy ietsie lekkers kry om te eet het jy altyd met die koekie in jou mond gewag om te kyk waar ons sit voor jy gaan le en begin kou. Jy wag geduldig op jou kussing, tot na ete voor jy met die sagste ogies kom vra of jy by ons op die bank kan kom sit en binne minute ontspan jy so, dat ons nie kan asem kry van die “lethal” geur tussen ons, waarvan jy “niks weet”.
Pepsi, 15 jaar terug toe ons jou gekry het, het ek gewonder hoe gaan ons jou groot kry. Jy was so ‘n cute woefie. Jy was oulik en slim en het baie vinniger as ons geleer. Jy is en was ons enigste… Jy is ons skaduwee, van die toilet, kantoor tot in die tuin, om die swembad, in die tent, om die vuur. Waar ons was, was jy, al die saam kamp, TV kyk, slaap tyd, piepie tyd en stort, jy was altyd net daar.
Wanneer ons gou Checkers toe gaan het dit vir jou soos ‘n ewigheid gevoel voor ons terug kom, altyd by die hekkie of binne die huis gewag en dan was jy so opgewonde dat jy al die matte deurmekaar geskaats het. Selde was ek alleen in die huis, behalwe in die winter, dan het jy so lekker in die son gelê met jou oë toe. As ek dan moes ry het jy gehoor en ingekom en na my gekyk en gevra, “hoekom los jy my nou alleen”.
Jy is bang vir die weer, verdra nie die He-de-da’s op jou grasperk nie, wil nie swem nie, wil altyd eerste uit om kuiermense te groet, veral kinders en ander honde-maats. Jy jaag ‘n bal, maar gee hom nie terug nie en hoe meer ons jou jaag om die bal te kry, hoe lekkerder speel jy.
Nou is al daai tye alleen tye. Almal wat jou geken het en so lief was vir jou, mis jou. Dankie dat jy vir so lank by ons gebly het en ons so baie geleer het. Jy is en was ons enigste…
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort