Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
JESSIE OLIVIER
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN JESSIE
14 Julie 2010 – 21 Desember 2024
My liefste Jessa, my hart is stukkend. Ek sukkel om die regte woorde te kry….
Jou gaan na Liewe Jesus, Vi en na Ouma Marie het die einde van ‘n era gemerk.
Ek onthou en dink so baie aan die tye toe ons jou en Vi gekry het. Ons eerste twee seuntjies. Jy kon so stout wees en dan lyk of botter nie in jou mond kon smelt nie. En jou gallop “hardloop” soos ‘n skouperdjie – jy was die mooiste hondjie.
Ek en pappa lag oor hoe jy uit jou aard as Golden Retriever oom Gerhard se Jack Russel vas gevat het toe hy met boetie gesukkel het.
Ai, Jessa – jy was my skaduwee, ek voel bitter alleen sonder jou. Jy en Vi was deur die moeilikste tye van my lewe daar.
Ek glo jy weet hoe baie jy vir my beteken het en hoe lief ek vir jou is.
Ag, Jessie – hoekom kan ons almal nie saam na Liewe Jesus toe gaan nie? Ek weet eendag gaan ons almal saam kan wees maar vir nou is dit bitter swaar en ek kan jou nie eers “video call” nie.
Ek het regtig probeer om vir jou ‘n vol gelukkige lewetjie te gee. En ek glo ek het. Ek verwyt my oor die huis in Harties met al die trappe wat ons gekoop het. Jy het gesukkel met die trappe maar jy wou so heeltyd by my wees dat jy agterna was as ek net vinnig ietsie bo gaan doen het. Jy was net ‘n bondeltjie liefde, onvoorwaardelike liefde. Wens ek kon jou lyfie net nog een vet drukkie gee.
Jy is nou weer ‘n jong hondjie wat kan hardloop en speel – weg is die seer heupies en beentjies wat meegee. Kuier lekker saam met Liewe Jesus, Vi en Ouma Marie.
Wens ek was daar…
Jy sal vir ewig in my hart wees.
Love you to the moon and back, Ou Man.
Jy is een baie spesiale diertjie.
Een van die mooiste engeltjies…..
Vlieg hoog my liefste Ou Man….
Tot ons weer ontmoet…
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort