Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

CINDY

IN HERINNERING AAN CINDY 8 MAART 2017 – 31 DESEMBER 2017

Message

 

Aan Cindy

Nooit weer sal ons jou blaffie hoor nie.

Nooit weer sal jy my in die oggende in my gesig wakker lek nie.

Nooit weer sal jy ‘n speelding onder my arm kom indruk en vra om te speel waar ek op die bank sit nie.

Nooit weer sal jy Lemé se stert trek as jy verby haar hardloop nie.

Nooit weer sal ma jou hare kan kam en ‘n fonteintjie met ‘n haar rekkie en strikkie maak terwyl jy so mooi stil sit nie.

Nooit weer sien ons jou bondeltjie energie en wonder wanneer jy gaan moeg word nie.

Nooit weer sal jy met jou geliefste balletjie kan speel nie.

Nooit weer sien ek jou vriendelike gesiggie as jy met jou kop skeef na my kyk nie.

Nooit weer sal ek in jou sagte ogies kan kyk nie.

Nooit weer sal ek jou lyfie teen my kan vasdruk nie.

Jy het so ‘n pragtige persoonlikheid gehad – vir jou was daar net goedheid in hierdie wêreld, en geen boosheid nie. Vir jou was daar niks om voor bang te wees nie. Ek is so jammer ek kon nie elke oomblik by jou wees om jou te beskerm nie. Jy het die ander werf honde in die agterplaas gesien en wou saamspeel. Jy is deur ‘n lae oop venster maar het nie die boosheid van ander geken nie.

Ons harte is stukkend. Dit is nou so vreeslik stil sonder jou. Die huis is leeg sonder jou.

Ons mis jou so vreeslik.

Ons mis jou krulhaartjies.

Ons mis jou sagte hare na ma jou gebad het.

Ons mis jou lyfie teen ons op die bed.

Ek mis jou waar jy vir my voor die stortdeur wag.

Ek mis dit as jy my kom groet as ek na werk by die huis kom.

Daar is nie antwoorde op ons vrae nie. Hoekom?

Daar is so baie hoekoms.

Baie dankie Cindy dat jy vir amper 10 maande deel van ons lewens kon wees.

Dankie dat ons jou kon sien grootword.

Dankie dat ek nie kon wag om jou te sien by die huis na werk nie.

Dankie dat jy n steunpilaar vir my was, al het jy dit nie besef nie.

Dankie dat jy ons dae gevul het met geluk.

Waarom het ons Here Jesus toegelaat dat jy van ons weggeneem is? Antwoorde sal ons seker later vind. Rus nou in vrede, ons dogtertjie Cindy.

Ma en Pa.

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za