Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
BUBBELS NAUDE
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN BUBBELS
12 Julie 2008 – 30 September 2026
Vir altyd ons Bubbels
Liewe Bubbels, ons weet nie mooi hoe om totsiens te sê vir ’n klein hondjie wat so ’n groot deel van ons harte geword het nie.
Jy was 18 jaar oud toe ons jou moes laat gaan. Ons het jou net vir ongeveer 5 van daardie jare gehad, maar in daardie 5 jaar het jy vir ons gewys dat liefde nie gemeet word aan hoeveel jare jy iemand ken nie, maar aan hoeveel plek hulle in jou hart inneem.
Ons het jou as ’n rescue-hondjie in ons lewens ingeneem, maar jy het soveel meer vir ons geword as net ’n hondjie wat ’n huis nodig gehad het. Jy het ons Bubbels geword.
Ons sal jou altyd onthou vir die manier waarop jy oor jou kos gedans het. Jy kon ’n stukkie sjokolade van kilometers ver ruik en natuurlik moes jy altyd weet wanneer ’n katpilletjie op die vloer geval het. Jy het by ons voete geslaap en net eenvoudig daar wees was vir jou genoeg.
En dan was daar jou beroemde gesiglekke. Jy was die ekspert. Niemand se gesiggies was ooit skoon genoeg voordat jy dit self nagegaan het nie.
Jy was ook ons klein pisser in die huis. Ons het dalk nie altyd daarvoor gelag toe dit gebeur het nie, maar vandag sal ons enigiets gee om weer oor daardie klein dingetjies met jou te kan kla.
Ons harte het gebreek toe ons jou uit jou pyn moes sien. Ons wou jou nie laat gaan nie. Ons wou jou nog ’n bietjie langer hê, nog ’n dag, nog ’n week… net nog ’n bietjie tyd.
Maar ons het geweet jy verdien om nie meer seer te hê nie. So, met harte wat gebreek was, het ons jou laat gaan. Dit was die moeilikste manier om vir jou te sê:
“Ons is lief vir jou genoeg om jou te laat rus.”
Ons hoop jy hardloop nou weer sonder pyn.
Ons hoop daar is sagte gras onder jou pootjies.
Ons hoop daar is hope lekker kos om oor te dans.
En ons hoop daar is iewers ’n katpilletjie op die vloer wat jy eerste kan kry.
Bubbels, jy was net ongeveer 5 jaar lank ons s’n, maar daardie 5 jaar het vir altyd ’n merk op ons harte gelos.
Ons mis jou meer as wat woorde ooit kan sê.
Dankie dat jy ons gekies het.
Dankie vir jou liefde.
Dankie vir jou klein persoonlikheid.
Dankie vir elke herinnering.
Ons sal jou onthou in die kos-dansies, die gesiglekke, die slapies by ons voete en selfs die klein plasies in die huis.
Jy sal altyd ons Bubbels wees.
En jy sal altyd ’n plekkie in ons harte hê.
Tot ons mekaar weer sien, klein mannetjie.
Ons is lief vir jou.
Ons mis jou.
Ons sal jou nooit vergeet nie.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort