Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
NANOOK MARTINS
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN NANOOK
1 Maart 2010 – 25 April 2021
Ek het jou geken voordat jy gebore is. Jy was reeds vir my bestem nog voordat jy die eerste keer jou eerste asempie gegee het en die eerste keer jou pragtige blou ogies oopgemaak het.
Ek weet nie altyd hoe hierdie dinge gebeur nie, maar God het geweet ek en jy gaan ‘n lang en wonderlike pad saam stap. Jy was ‘n maaitjie vir Shatzi wat erg getreur het nadat Kasha na die reenboogbrug toe moes gaan, later moes ons totsiens sê aan Shatzi en daarna het ons lawwe meisiekind Nikita arriveer.
Ons het later jou mens-mamma gevind. Jy het amper ‘n boetie ryker geword, maar Gert het ander idees gehad. Jou mens-mamma en mens-pappa en jy en Nikita het ‘n baie spesiale lewe saam gehad tot die dag gekom het wat ons jou moes laat gaan.
Daar gaan nie ‘n oomblik van ‘n dag of ‘n gedeelte van ‘n sekonde verby dat ek jou nie langs my soek, op jou plekkie onder my lessenaar, of langs Kita, of besig om in jou badjie te staan en skrop nie.
Nou is jou kosbakkie leeg, jou beddens word nou opgepas deur Kita, jou reuk hang nie meer in die lug vir Kita om naby aan jou te voel nie, en vir ons om te weet jy is nie ver van ons af nie. Dit was altyd maklik om net gou op te staan en jou koppie of jou ore of jou lyfie te kom vryf en om in jou ogies te kom kyk. Dit is alles verby.
Nou is alles blou! Alles oor jou! Ons mis jou!
Ek hoop jy kyk darem elke nou en dan of ons darem nog okay is hier op aarde. Ek hoop jy het ‘n warm plekkie om te slaap in die winter en lekker koue water om in te speel in die somer! Moenie Jesus se banke opvreet nie. As jy doen, maak seker dat Hy ook daai blou ogies van jou raaksien en jou ook so gou vergewe soos wat ek het! Maak seker jy sê vir almal van watter snackies jy hou sodat hulle onthou dat jy nie regtig van koekies hou nie maar dat jy mal is oor Dentastix (jy het darem nog ‘n paar oor gelos vir Meisiekind toe jy moes gaan…sy sê ek moet vir jou sê “baie dankie”).
Die plek oorkant die reenboogbrug het nou ‘n hele klomp liefielyf furballs bygekry, maar ek is seker hulle sal nie omgee nie. Hulle het nou die beste van jou! Ek hoor die mense praat en hulle sê ons sal mekaar verseker eendag weer sien! Ons kan nie wag om jou, met jou blou ogies en pragstuk van ‘n stert, jou snoet en jou ore en jou stewige lyfie weer vas te hou nie! Wees maar geduldig met ons trane vir nou.
Ek belowe jou ek sal jou dan nooit weer laat gaan nie!
Vir altyd, jou mens-pappa
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort