Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

JESSIE

IN HERINNERING AAN JESSIE 28 Oktober 2001 – 27 Desember 2017

Message

My ou Jessie.
Jy het in ons lewens gekom toe ek 13 was, en nou is ek 31 en jy is finaal weg. Mens dink nie dat jy liewer vir ‘n dier kan wees as vir die meeste mense wat jy ken nie, maar ek was vir jou. Jy was die beste hond en vriend en ek gaan na jou verlang.
Ek onthou die dag ek jou gekry he soos gister. Christi het sopas vir Alice gekry en natuurlik kon daardie hond nie grootword sonder ‘n maatjie nie, so toe kies ons die koers na die troeteldier winkel toe. Daar was jy, tussen al die ander worsies en ek het gehuil want hoe kies mens nou watter een ‘n huis kry? Jy was die wenner, die Cherry-chocolate met die groen oë, en so het ons advontuur begin. Jou eerste blaf was histeries en gou het ons agtergekom jy kan nie ‘n bal weerstaan nie. Die snaakste was waneer jy die netbalbal sou wou probeer byt, jy was net cool soos dit. Bang vir niks en verskriklik slim as mens daai skoen van jou tussen die kombers probeer wegsteek het. Jy was so lief vir balle en speelgoed gooi, eintlik enigiets wat deur die lug kon trek, maar dit was swaar om te sien jy sien nie meer kans om hulle te vang nie.
Ek het geweet die dag gaan kom, maar maak nie saak hoe hard ek myself probeer regmaak het nie, dit was nogsteeds hartverskeurend toe jy my van Oukersaand af nie meer herken nie. JY vir MY, jou ou nooi, nie herken nie. Ek dank die Here dat my instinkte gesê het ons moes eers by jou stop toe ons in Pretoria aangekom het, minwetend dat die laaste handlek en stertwaai sou wees van jou af. Op die ou einde het jy maar net vasgebyt en gewag om my een laaste keer te sien voor jy stadig begin groet het. Dankie dat ek jou baas kon wees vir 16 jaar, al was my lyf vir 8 jaar in die Kaap en nie by jou om jou ore te vryf en jou stories te luister nie. Ons twee weet mos dat afstand niks is tussen twee ou maats nie.
Dankie dat jy na ons gekyk het toe Alice moes gaan, ek is seker julle twee is nou saam waar julle ‘n non-stop supply van koekies en speelgoed kry, en iemand jou toemaak met ‘n kombers waneer jy wil gaan slaap. Ek wou nie daardie besluit maak nie my hond en het gehoop jy gaan in jou slaap, maar as jy vir my so vinnig kon vergeet dan hoe lank voor jy sou vergeet om te loop of te eet? Jy sou so swaar kry. Ons moes dit doen voor jy vergeet dat mense goed kan wees, anders sou jy nie in my arms kon le vir die laaste deel nie. Liefde is soms om die swaarste maar beste dinge te doen vir iemand, en dit was die laaste ding wat ek vir jou kon doen my dier. Ek dink jy het geweet wie ek is daardie laaste 20 sekondes en ek is bly jy kon ons gesinnetjie saam sien vir ou laas.
Bye my ou Jessie, ek het jou lief virewig en ewig en eendag gooi ek weer daai bal vir jou met ‘n arm wat nie moeg raak nie. 
 
Lief vir jou
Ounooi.

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za