Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
ROCKY JANSE VAN VUUREN
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN ROCKY
1 Maart 2013 – 1 Maart 2022
My liefste Rocky
My hart is gebreek. Jy was my liefling honde kind. Ek sou jou nog vir so baie jare aan my sy wou hê, maar dit sou selfsugtig van my gewees het. Jy het verlede jaar hartversaking opgedoen en het die dag voor jou dood net skielik verskriklik agteruit gegaan. Jy was vir ń paar maande op kroniese hartmedikasie. Mamma het nogal ń stryd gehad om die medisyne in jou lyfie te kry. Aanvanklik het jy die hart pilletjie gekou soos ’n sweetie, maar die ander pilletjies kon deur geen lekkerny verbloem word nie. Jy sou die kasie of die worsie of die ham opeet en as ek weer sien, dáár trek die pilletjie.
Ons huis is leeg sonder jou my Rocky. Jy laat ń massiewe leemte in my hart. My hart pyn fisies van verlange na jou. Jy was my maatjie, my metgesel, my soul mate. Ons kon mekaar lees… jy vir my en ek vir jou. Die sagtheid in jou ogies, jou liefde vir speel, jou liefde vir jou “mooi” teddie. Mamma gaan al jou oulike gewoontetjies so verskriklik baie mis.
Ek’t al my reëlings altyd getref rondom jou. Nooit oorgeslaap by vriende na ń kuier, want Mamma wil nie hê jy moet alleen slaap nie. Vakansies was die ergste. Ek wou nooit gaan en jou by die huis los nie, al was jy in die goeie sorg van Gladys of Ouma en Oupa.
Jy was ń mens in ń klein yorkie se lyfie. Ons het mekaar verstaan…ek het presies geweet wat jy vir my sê. Jou gunsteling woorde en sinne was “wie wil kossies hê”, “teddie”, “bal”, “wil jy speel”, “gras toe gaan” en “wil jy gaan tata”.
Vir jou was ek die mooiste mens op aarde. Ek kon nie wag om by die huis te kom na werk nie. Jy’t verby almal gehardloop om net vir my te groet. Jou gunsteling lêplekkies was op die rugleuning van die leerbank by die venster en op die groen kussings buite op die stoep… altyd gelê en wag vir Mamma om huis toe te kom.
Jou eerste 6 jaar van jou lewe het Mamma feitlik elke dag saam met jou deurgebring. Ons het jou op 13 Mei 2013 gekry vir Michal se verjaarsdag, maar jy het my gekies as jou maatjie. Jy het Mamma bygestaan deur die moeilike tyd na my voetoperasie en sedertdien was jy altyd aan my sy. Die mooiste persoonlikheid onder die son gehad my ou rooikoppie, my Lalie, my boudjies, my lielie.
Jy het altyd ander maatjie hondjies na ons huis verwelkom. Jy was nie baie lief vir Filimon of Mike nie ook nie vir Edward nie. Hulle het almal ń hap aan die enkel gekry. Maar dit was altyd net om jou Mamma te beskerm. Daai koppie van jou wat so links en regs gedraai het wanneer Mamma met jou praat.
Ek sal jou nooit vergeet nie. Jy laat die grootste leemte in my hart. Ek gaan hierdie nie sonder jou kan doen nie. Ai, wanneer jy oulik maak en op die mat of in jou mandjie rondrol. Hoe jy jou speelgoed uit die mandjie gekies het. Gevra het om water uit die bad te drink. As ek net my lippe beweeg, sonder ń klank en jy weet wat ek sê.
Altyd ń agenda. Lê nie soos ander honde en wag totdat Mamma iets inisieer nie…jy lê daar en dink wat kan ons nou doen. Jy was so slim. Loop al die pad van die sitkamer na die kamer om jou teddie te gaan haal sodat mamma en jy tug of war met teddie kan speel. En jou teddie was tog so mooi vir jou. Jy’t jou manier gehad om vir my te sê as jou boudjies vuil was dan staan jy baie geduldig stil sodat Mamma jou boude kan was.
As ek sopbene vir julle gekook het en ek het dit op die stoof vergeet, herinner jy my baie vinnig daaraan. Loop tot by die stoof, maak ifff-ifff en kyk vir die pot met die bene in en dan kyk jy vir my. So het jy al jou wense met my gedeel. Hoe jy die tennisbal eenkant toe gegooi het sodat Joey jou nie body slam nie . Hoe jy jou neusie kon wikkel soos ń beer s’n. Daardie sagte kyk in jou ogies.
Hoe jy my altyd by die deur ingewag het of ek heeldag by die werk was of net vir 5 minute uit was. Jy was altyd oorstelp van vreugde. So soet as mamma vir jou in die aand sê jy moet gaan piepie.
In die oggende was jy altyd in jou mandjie. Daai stertjie van jou aan die waai. Selfs op jou laaste dag toe jy so siek gevoel het, het jou stertjie nog gewaai .
My eerste oggend dat ek wakker word sonder jou aan my sy. Ek kan nie meer jou ogies skoonmaak nie. Jy kan nie meer die paadjie loop tussen my bene wanneer jy opgewonde is vir die dag om te begin nie.
Jou bietjie bietjie piepie soos ń ou man met ń prostaat probleem. As ek koffie maak dan moet ek jou optel om te kyk wat in die berg aangaan en dan kyk jy soos ń mens wat in die berg aangaan. Altyd so mooi jou boudjies gedraai na my sodat ek jou kan optel om te kyk. Hoe jy eindeloos op en af sal hardloop agter die bal aan. Jou saggeaarde ogies, wat blink soos aliens. in die donker.
Almal wat jou leer ken het was ongelooflik İief vir jou. Sommige mense kan nie verstaan dat ek nie kan ophou huil nie, maar daai mense het jou nie geken nie.
Jy het 9 jaar oud geword. In jou later jare kon jy nie meer self op ons bed spring nie, behalwe vir die dag nie baie lank gelede toe Mamma jou per ongeluk in die badkamer toegemaak het vir 5 min. Toe ek daai deur oopmaak, het jy met 1 sprong bo-op die bed gespring. Maar jy het jou maniertjies gehad om my te laat verstaan jy wil op die bed klim. Jy sou saans ń Beeno in die kombuis gaan haal en dan stap tot langs my bed en gaan staan en my in die oë kyk. Dan het dit gelyk of jy ’n dummie in jou bekkie het. Jy’t só oulik gelyk. Jy’t presies geweet watse reaksie dit by my sou ontlok….dat ek alles net daar sal los en jou sal optel. Jy was so cute.
Jy kon die tennisbal soms so in die lug vang! Wow! En het nooit met Joey of Daisy baklei vir speelgoed nie. As hulle jou speelding wou hê was jy maar altyd die minste….net met jou teddie het jy nooit die stryd gewonne gegee nie. En wow, teddie het jou oorleef. Jy’t hom gekry toe ons jou gekry het op 5 weke en hy is nog steeds met ons. Hy ruik na jou. Mamma gaan hom nooit weer was nie. Ek druk hom baie teen my vas en wens dit was jy.
Jy het so ń impak op my lewe gehad, jy’t my lewe op elke vlak beïnvloed. Dit was altyd vir my belangrik dat jy gemaklik en gelukkig is. Dis mos liefde daai.
Ek gaan jou vir ewig mis my liefste Rocky.
Van jou mamma Tersia Janse van Vuuren
—
Liefste Rocky Star.
Nou is jy ook tussen die sterre. BAIE dankie vir die absolute voorreg om jou lewe saam met jou te kon gedeel het. Jy was so uniek en altyd net ń plesier.
Gaan jou altyd verskriklik baie mis.
Baie baie liefde, Pappa Deon
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort







