Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
NISSI HUMAN
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN NISSI “POOH”
Nissi “Pooh” Human
My Nissi Pooh, tjankie Pooh…
Waar sal ek begin?
Elke keer as ek aan jou dink begin die trane van vooraf rol….
Want ek verlang, ek mis jou vreeslik, maar ek dink egter ook aan jou met ‘n diepe dankbaarheid vir 15 jaar se saamwees.
My “minister van sekuriteit”
Met jou klein lyfie en groot hart, die moed van ‘n leeuwyfie wat haar mense beskerm.
My “boss lady”
Want almal (mense en diere inkluis) het geweet wie is in beheer van hierdie huis.
Elke oggend het jy al jou rondtes gedoen, almal gegroet, my gepikke soene of net hallo gesê met jou oë en dan seker gemaak elke hoekie van die huis is veilig.
Selfs toe jy einde 2023 so vreeslik siek was, was jy steeds my skaduwee wat my opgepas het waar ek ookal sou gaan.
DANKIE!
Vir al jou onbaatsugtige liefde, omgee en oppas.
Jy en Ruttie Puttie was soos “vinkel en koljander”
En ek weet jy het vreeslik na haar verlang toe die kanker haar kom haal het.
Ongelukkig moes jy toe ook twee jaar later volg en oor die reënboogbrug stap.
Ek sien in my geestesoog hoe julle twee hardloop, stoei en speel, en uitbundig blaf…
Geen pyn, ongemak of swakheid meer.
Jou plekkie is leeg en die klik-klak van jou naeltjies op die teelvloer is vir altyd stil…
Weet egter my liefste Nissi Pooh, dat ek jou vir ewig in my hart dra, ons oomblikke saam vir altyd sal koester.
Al voel 15 jaar nie lank genoeg nie, sal jy vir altyd in my gedagtes voortleef.
Dankie dat jy my geleer het van onbaatsugtige liefde, dapperheid (en dat jy nie hoef terug te staan vir enige iets of iemand nie!)
In die laaste paar weke saam met jou het jy my ook geleer om net vrede te vind in die oomblik, waardering vir elke kyk, elke drukkie, en met jou lyfie aangedruk teen myne, so ‘n perfekte passing.
En daai stert….
Ons het altyd geterg en gesê dat dit die besigste deel van jou lyfie was, die tik-tik van jou stert teen die bank wanneer jy my sien of ek jou naam roep. Jou stertjie was nooit stil nie, maar teen die einde wou selfs stertjie ook nie meer waai nie…
Al kon jy in jou senior jare nie meer so mooi hoor of sien nie, het jy geweet ek is daar en kon ons harte met mekaar kommunikeer.
Daar is nie woorde om te beskryf hoe dankbaar ek is, eerstens teenoor die Vader wat jou aan my toevertrou het, as skaam en onseker “rescue” hondjie en later as my dapper minister van sekuriteit en baas van die plaas nie, maar tweedens teenoor jou dat jy jou hele leeftyd se liefde vir my gegee het.
Geen mens is waardig om die onvoorwaardelike liefde te ontvang wat jy in oormaat aan my gegee het nie, daarom is ek diep dankbaar en kan woorde nie werklik gestand doen aan wat ek op emosionele vlak ervaar nie.
Jou gewoontetjies, speel, blaf, bokspring en manewales het my altyd laat lag…veral na ‘n lang en moeilike dag.
Dankie dat ons tydens jou laaste paar dae so baie tyd kon saam spandeer, dat jy “huis” toe gekom het sodat ons kon afskeid neem en dit op ons terme en tyd kon doen. Dis hoe jy nog altyd alles aangepak het my Nissi Pooh, op jou terme en op jou unieke manier.
Ek stuur vir jou ‘n groot drukkie en piksoentjie, todat ons mekaar weer sien…
Intussen druk ek jou in my hart en hou vas aan die mooie herinneringe.
Rus sag my Nissi Pooh, en spring op die vensterbanke van die hemel-ek is seker Abba sal nie omgee nie.
Jou bandjie het gesê”I love my human”, en ek eggo met “I love my Nissi”…vir ewig en altyd!
Liefdegroete
Your human, Anri.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort








