Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

METRO

IN HERINNERING AAN METRO

Message

Metro Devorah-my engel-hond

Opgedra aan my liefste hondjie, Metro

Dankie Abba vir die wonderlike geskenk van Metro vir 15 mooie jare, my honde-engel

Oktober 2002-20 Desember 2017

 

Met die eerste oogopslag het ek en jy iets gedeel

‘n hartklop, ‘n lewe, ‘n liefde

‘n Spesiale band wat niemand sou verstaan

niemand ooit sou kon wegneem

My Metro

 

Mense sal sê ek is die een wat jou kom red het

van ‘n lewe van mishandeling, of erger

My dierbare DBV hondjie

maar inderwaarheid is jy die een wat my kom red het

van die slae, houe en seer van die lewe

met my kom deel het die vreugdes, oorwinnings en triomf

en tog in stille nabyheid altyd in my hart gefluister:

“Ek is hier”

Jou swart-grys tongetjie warm en sag wanneer ek jou keeltjie vryf

My ou “papbekkie”

Jy was die beste deel van by die huis kom

Na klas, werk of vakansie

Met ‘n metronoomstertjie wat swaai en ‘n blaf wat my verwelkom

Jy wat altdy aangekondig het as een van ons se motors om die hoek kom

Om jou kleine oortjies te krap het vir beide van ons soveel vreugde verskaf

Jy was my steunpilaar, troos en vriendin

en ook ons opasser teen enige gevaar

met haartjies wat regop staan op jou rug en waarskuwende blaf

Met ogies wat so goed in die gees kon sien

jy sou jou lewe vir ons waag

My Devorah

Jy was altyd so dankbaar vir jou kossies

Geduldig gewag

Vir ‘n kopkrap, drukkie en hallo sê

En sonder dat dit jou skuld was, was jy tog so bang vir kartondose, motorry, klappers en donderweer

Om nie eens van bad te praat nie

Soos ‘n stoomtrein, al hiperventilerend op en af

in die gang, in die tuin, voor my kamervenster verby

Ogies blink, pelsie en tongetjie sag, hondeglimlag

Wie gaan nou vir my by die hek inwag?

Jou stertjie wat die ritme hou

ten tye van blydskap, hartseer en rou

Dit voel of jy nog altyd daar was

Deel van my lewe

met jou hart gekoppel aan myne, in pas

Jou bedjie waarin jy so mooi pas is nou leeg

Die trappie en hek is onvolledig sonder jou

Die stilte, sonder jou blaf, is oorverdowend

Jou kosbakkie staan en wag vir die kos wat ek nooit weer vir jou sal kan gee nie

En die rooi hoed en jas

wat ek nooit vir jou sal kan laat maak nie…

Ek weet jy het net vir my gewag

vir oulaas

in jou laaste oomblikke

om vrede te maak en jou te laat gaan

met jou laaste hartklop, lewensasem en al jou liefde

My spesiale hondjie

Rus sag my liefste Metro Devorah

Jy bly vir ewig voortleef in my gedagtes, herinneringe en hart

Lief vir jou

My mooiste mooiste hondjie

Liefde

Anri

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za