Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
MILO GREYLING
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN MILO
1 Januarie 2012 – 25 Junie 2026
Briefie van Mamma
My seuntjie, ek het Jou die eerste keer in my lewe gesien ongeveer 2013. Jy was ‘n skugter ou seuntjie. Jou vorige ma, kon nie glo dat jy na my toe kom nie, want jy het nooit na niemand gegaan nie. Daar was die skrif al aan die muur, dat jy my kindjie is. Jy was baie tingerig, volgens haar het jy aan honde anorexia gely. Ek het gesmeek dat jy en jou sussie na my toe moet kom.
Eendag lui my foon en sy vra of ek julle nog wil he. Mamma het uit haar vel gespring en dadelik het mamma en pappa gery om julle te gaan haal. Ons het jou brandwurmpie genoem, jou ruggie was kaal en jy was baie maer.
Jy het die heeltyd beskerming by jou sussie gesoek, as sy kossies kou het jy die krummeltjies onder haar bekkie opgetel, jy was ‘n spokie van +/- 900g.
Maar toe gebeur ‘n ding, jy het begin gewig optel tot ‘n stewige 1.7kg. Jy het soos ‘n opgestopde “skraal” worsie gelyk. Jy het ‘n regte wintie geword. Jy storm by die agterdeur uit, met jou varing stertjie stokstyf, agterbeentjies ver uitmekaar voorbeentjies ook, jy lyk soos ‘n wafferste breker.
Jy het altyd armpies gemaak as ons by die huis kom, op jou agter beentjies gestaan en jou voorbeentjies in die lug gesteek, kompleet soos ‘n kleuter wat opgetel wil word.
Jy het nammies ontdek, ook koekies. Jy kon as ons op die bed is, die koekie en nammie blik so krap met jou potjie en ‘n vreeslike gegrom opsit. Jy het ‘n geweldige overbite gehad en het jouself altyd doodgesukkel om nammies uit die blik te kry. Jou tongetjie het altyd so vibreer terwyl jy die koekie of pilletjie van eenkant in die kies na die anderkant van die kies wil kry. Ma het so baie video’s, waar jy in jou hartjie kla. Jy het nie borshaartjies nie, net die ou pink borskassie. Omdat jy so tingerig was, het mens altyd jou sluk duidelik gesien. Afhangende van die klaaglied, het jy soms jou asempie so diep ingetrek, dat jou sluk sommer so duidelik uitstaan, met die pink borskassie Mamma kon nie help om in ‘n gelag uit te bars nie. Hoe meer ek lag, hoe meer het jy gekla, tot dit in ‘n geblaf uitbars. Moet net nie dat mamma te lank vat met kos nie, jy het op die bank gestaan en ‘n palawa opgeskop. Ek het altyd gesê my ou drie kolletjies. Jy het ligte (blonde) haartjies om jou gesiggie, so die swart neusie en die twee swart ogies het prominent uitgestaan. Die koppie skud sommer so terwyl jy blaf. Dan kom mamma met jou kossies en jy trek jou neus op. Tot ek nuus kyk dan skree jy weer op my.
Jy was aan jou mamma se skoot vasgeplak. Jy was altyd so vol draadwerk, jou vleisie mag aan geen groente geraak het nie. Jy wat hier op die einde so lief was vir mamma se tee. Ek was net dankbaar dat jy in iets belangstel. Jy wat ook die sop so uit my beker gedrink het, pappa sê jy snot in sy beker, maar ek, ek het jou laat begaan. Net te dankbaar dat jy eet.
Briefie van Pappa
Ons ou seuntjie, wat kan ek se behalwe dat ons heeltemal onkant betrap is. Ons harte skeur mannatjie. Pappa is nog in n waas, jy was hier en toe is jy weg. Jy moet saggies rus my ou seuntjie. Pappa was verbaas toe jy die laaste paar weke van jou lewe ook op pappa se skoot wou wees.
Ek sal jou nooit vergeet nie, jy was soos n spokie, net geblaf wanneer mamma kossies maak, jou nat neusie teen pappa se enkel as jy hom “byt”, as pappa in die middag by die huis kom en hy jou gekielie het en jy met waaiende stertjie aanhou terugkom het vir nog met die oortjies wat so regop gestaan het.
Ons harte skeur maar pappa gun jou die rus mannatjie. Jy is nou sonder pyn. Ons het nou baie pyn. Ek wens dat jy verewig by ons kon wees maar ongelukkig is dit maar deel van die lewe om afskeid te neem. Dit is net so moeilik my ou mannatjie.
Rus saggies mannatjie.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort









