Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

JESSIE GREYLING

Message

IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN JESSIE

12 Februarie 2011 – 15 September 2025

 

 – Van Mamma en Pappa –

My Liefste Jessie Bessie,

Ek het jou die eerste keer in 2015 ontmoet, sagte omgee diertjie. Op 17 Sep 2021 het ons jou en jou boetie gaan red. Terwyl ons besig was om alles te bespreek, het jy vir pappa gekies, net daar en dan op sy skoot geklim en ek kan amper sê jy het nooit weer afgeklim nie. Dis asof jy in sy groot postuur die beskerming gesien het. In jou ogies was daar nie ‘n groter held as jou pappa nie. Jy was sy skaduwee.

Ek kan onthou hoe mooi jy na jou getraumatiseerde boetie gekyk het, hoe hulpeloos hy was en hoe sterk jy altyd vir hom was. Jy het altyd die pilletjies gekou en hy het onder jou ken gestaan en die krummeltjies geeet. Maar toe op ‘n dag toe jy sien julle is veilig, het jy vreeslik met hom geraas as hy kom lêplek soek het, jy het geweet julle is nou okay en natuurlik het jy jou held gehad…pappa.

Niemand kon water ogies maak soos jy nie, veral as jy rays gevang het. Jou agter beentjies altyd so kostelik langs jou uit gestrek, jou oumensvlek boeppensie ongemaklik op jou kniegies. Jy was mal oor die son. Ons sal tv kyk en dan storm jy daar uit met ‘n hewige geblaf, sommer net omdat jy kan. Jy was doof, so jy het nie besef watse geraas jy opsit nie. Jy was mal oor jou koekies, met daai skewe tandjies het jy gekou dat die spoeg letterlik spat. Die murgbene… so onhandig met jou voorpootjies, maar gelek en gekou tot al die murg uit was. Jy was actually lief vir alles kosserig.

Ons gogga soekertjie, sou altyd gaan ondersoek instel het na die kleinste gogga wat jy sien, so inquisitive. Op jou oudag het jy met ‘n speelding rond gehardloop, jy kon laf wees na jou nagmerrie lewe. Jy kon ‘n diertjie wees wat weet haar boetie is okay. Jy het eers sorgvry begin lewe op 10 jaar.

Ek weet ek het jou uit my hart lief, maar ek weet jy was jou pappa se meisiekind. Hoe verskriklik was dit toe ons ongeveer einde Mei agterkom jy loop in alles vas, my hart as mamma het gebreek. My oumatjie, ek wil nie die laaste maand of twee onthou nie, ek wil jou onthou soos jy was. Ek het geglo dat jy 20 jaar oud gaan word. Jy het so ‘n wil gehad vir die lewe, Jou sorgelose lewe het dan nou net begin. Ek mis jou lyfie langs my op die bank, jou sponstongetjie wat my bobeen sopnat lek, jou plekkie langs my in die bed. My hart is in flarde my Bessie, maar ek weet ons het die regte ding vir jou gedoen. AL het dit gevoel asof iemand my hart uit my bors skeur. Mamma sal Jou altyd onthou, jy laat ‘n groot leemte in die huis en in my hart. Rus sag my oumatjie, mamma sien jou eendag weer, met wakker ogies wat kan sien, met spits oortjies, wat kan hoor. EK weet jy gaan aangehuppel kom.

Ons liewe meisietjie Jessie,

Mamma en pappa se harte is stukkend. Ons gaan jou mis my liefie. Pappa wat jou gemeerkatjie het, die vertroue wat jy in pappa gehad het om net agteroor in sy hand in te val, die aande wat jy voor die deur met pappa geraas het om in die huis in te kom, hoe jy op die poef gewag het tot pappa in die huis in kom, Jou huppel as jy stuitig was, hoe jy met jou sussies geraas het as hulle per ongeluk op jou onder die komberse getrap het, as pappa laat in die aand op die stoep gesit het en jy hom gaan roep om te kom slaap.

Ons sal jou nooit vergeet nie my liefie, jy het die mooiste omgee persoonlikheid gehad. Slapies rustig oumatjie.

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za