Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
DIKKES GREYLING
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN DIKKES
1 Julie 2021
Jy het by ons aangekom in Durban, Jou plek letterlik oopgesuig op Christo se skoot, ‘n straat kat met ‘n hart van goud. Jy wou net altyd krappies gehad het, wou altyd teen of op mens lê. Jy was mal oor jou borsel tydjie saam mamma. True tot jou naam, was jy baie lief vir kos. Jy kon omtrent ‘n keel opsit. Jou plek op die eetkamer tafel waar jy gewag het vir jou kos, sal nou vir altyd leeg wees, jou kol op die bed is leeg, jou purr in die nag het stil geword.
Toe die Yorkies kom, het jy geduldig met hulle gespeel, hulle gebad en lekker styf by hulle gelê, as hulle jou toegelaat het. Dis asof jy terug gestaan het vir die aandag vrate. Jy was so ‘n vredeliewende dier. Dikkes ons mis jou verskriklik. Ons het net daardie slegte gevoel gehad toe ons jou nie die aand kon vind sodat jy kon inkom om op jou plekkie op die bed te kom slaap nie. Ons harte is verskriklik seer. Ons sal nooit vergeet hoe jy daai groot pens van jou in die son uitgepak het nie. Dit was van die kostelike oomblike wat ons altyd in ons harte sal hou. Jy het die sonnetjie in die oggende so geniet, nes jy die bed geniet het as almal opgestaan het, jy was baie lief vir jou slapies.
Jy was ń straatkat wat aangedring het om by ons te bly en jy het diep in ons harte ingekruip. Jou geaardheid het jou ‘n liewe dier gemaak, selfs met die bure. Ons was nooit vir een oomblik spyt dat jy in ons lewens was nie, jy was gelukkig met so bitter min.
Rus in vrede Gattas. Jy kan nou weer vir Thoriotjie bad, hy kan vir jou grom by die kosbakke, julle kan mekaar jaag soos julle partykeer gemaak het. Julle twee kan mekaar vermaak, tot ons julle weer sien. Rus sag ons Gattas, ons sal jou nooit vergeet nie, jy sal vir altyd in ons harte wees
Mamma en Pappa
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort