Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
BLUE GILLILAND
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN BLUE
30 Augustus 2014 – 30 Julie 2021
My Liefste Blue… Ek kan nie beskryf hoe seer mamma het nie, ek wens ek kon by jou wees toe jy jou laaste asem blaas en vir jou bye sê en sê dat alles okei sal wees en dat jy nie hoef bang te gewees het nie.
Dit het alles so vinnig gebeur, net ń paar dae terug het jy nog rond gehardloop en gespeel en het vir my die bal gaan haal.
Ma se pienk neus, my joumi, my pompololo, my Oumi, my blossom, hoe gaan mamma ooit oor die hartseer kom… Ek glo in een ding wel vandag en dit is dat Liewe Jesus sy mooiste blommetjies eerste kom pluk… Jy was een van die sagste siele op die aarde al het jy meerderheid van die tyd kwaai gelyk, jy sou niemand seermaak nie… Ek is seker jy sou liewer ń skelm dood lek.
Ek onthou nog die eerste dag toe oupa en ouma jou gaan haal het die middag na skool, hulle het vir my vertel dat al die puppies siek was en nie vir my een gevat het nie. Maar iets het nie vir my sin gemaak nie want ek kon sien almal giggel in die kar, dit was nie lank nie tot ek die kombersie op ouma se skoot opgelig het en net ń bol floof gesien het.. En daar was jy… My eerste baba waarvoor ek 17 jaar aangehou het by oupa en ouma. (Dankie aan die film Eight Below wat my bitter graag ń husky wou laat hê).
Jy het my soveel vreugde en geluk in die lewe gebring… Ek gaan mis om saam jou fetch te speel, ek weet dit is iets waaroor jy mal was en sal even klippies gaan haal wat ek vir jou gooi, my liefste Blue ek onthou nog toe ek jou na my engelse praatjie toe gevat het waar tot die kat juffrou verlief geraak het op jou.
Jy was altyd lief daarvoor ook om te cuddle en almal ń soen te gee met jou koue nat neusie. Nou is daar niemand wat meer die plank gaan omspring om by ons te kom lê nie.
Ek voel bitter sleg want mamma wens ek kon jou die lewe gegee het wat jy verdien.. Jy was nog so jonk en ek wou nog so baie saam jou doen maar mamma moes eers ń werkie kon kry en trek.
Ek hoop nou daar waar jy is sal jy baie gelukkig wees my baba… Mag jy hardloop sonder enige seer en pyn in groen wye velde… En mag jy baie maaitjies maak daar bo en ek hoop Liewe Jesus laat jou by sy troon slaap en gee vir jou die lekkerste kossies en oneindige belly rubs en liefies want dit is wat jy verdien… Mag jy op strande gaan rondhardloop en krappies jaag. Dit was een van mamma se grootse wense… Om jou te kon see toe vat.
Ek weet jy is op ń beter plek nou en jy sal nooit weer in pyn wees nie en dit maak my darem bietjie beter voel… Maar niks sal die seer kan wegvat by my… ń Gedeelte van mamma se hart is geskeur en sal nooit weer dieselfde wees nie…
Mamma het ń liedjie baie na aan my hart wat my so laat dink aan jou… Ek gaan vir jou n paar woorde uithaal wat bitter baie betekenis het vir my BlueBlue,
“When I first saw you, I knew I had to take you home.
You are my Angel sent from above to set me free.
I won’t forget all that you’ve done for my life.
Through all the hard times you were always there by my side and when I needed answers I just looked into your eyes.
I know we will be together another day another time.
But until then just keep on chasing butterflies.”
My baba sien jou eendag weer aan die anderkant van die reenboog, vir nou gaan en speel saam Howly en Layla en al die ander maaitjies daar bo.
I know that I have a beautiful Guardian Angel looking over me now… There’s so much I still wanna say but I’ll save it in my heart where you’ll forever be… Blue ek is lief vir jou!!!
Met baie liefde, Jou mamma Tiffany
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort







