Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
JACK ENGELBREG
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN JACK
8 Januarie 2016 – 15 Junie 2026
Ons liefste Jack
Op agt maande oud het jy in ons lewe ingestap gekom. Jy was ’n maltrap – ’n lawwe dier met ’n lewendige geaardheid, wat so gemaklik by ons familie ingeval het.
Jy was pragtig, met ’n permantige jong lyfie, ’n sagte stap en ogies wat jy so op skrefies kon trek – alles wat baie eie aan jou was.
Dit was opvallend hoe vinnig jy kon leer. Nuwe toertjies het jy in ’n japtrap bemeester en jou Nina Ottosson puzzle-games het jy blitsig passievol gespeel. Ons het altyd gesê, “Jack vergeet nie” – jy het op die eerste probeer-slag onthou wat ons jou gewys het, of waar ons iets gebêre het.
Jou ander groot liefde was kos – nie ongewoon vir ’n Golden Retriever nie. Maar jy was into fresh produce en het jou boeties en sussie geleer van apples, pere, piesangs, blueberries, strawberries wortels, pampoen eet. Elke middag met speeltyd het julle gesnyde vrugte of groente treats geniet, met soms ’n bietjie yoghurt daarby. En moenie Jack se slaaiblare vergeet nie.
Een van jou lekkerste tyd verdrywe was om tug-of-war te speel. Jy het my baie kere nie net rondgeruk nie, maar ook sommer rond gesleep. Behalwe dat jy geweldig sterk was, was jy ook baie rats en ligvoetig.
Daar is nog vele Jack stories: hoe jy daarvan gehou het om stokkies aan te dra, hoe saggies jy kon water drink, hoe lief jy vir pasta was, hoe jy nooit opgehou trek het wanneer ons gaan stap het, hoe hard jy kon blaf, hoe jy altyd as ons ry, voor langs jou pa in die Vito gesit het terwyl ek maar agter gaan sit het, hoe jy altyd jou distansie van ander mense gehou het, hoe jy later jare begin skrikerig word het vir donderweer, hoe vinnig jy ’n gat kon grou, hoe die hoek van ons mat in jou small intestines beland het en jy ’n nood-operasie moes kry, hoe jy nie ’n bal kon vang nie, jou skrikbewind met die Hadeda’s, hoe jy in die winter die verwarmer opgesoek het, en so is daar nog vele meer stories.
Maar ons lewens het op ‘n Vrydag aand onherroeplik verander, toe jy sewe massiewe seizures binne 12 ure gekry het. Ons was gelukkig om jou na die terugslag nog vir twee maande by ons te gehad het, maar dit was bitter hartseer om te sien hoe ons Jack hierna stadig weg gekwyn.
Jy het jou laaste asem uitgeblaas en terwyl ek jou poot in myne gehou het, het ek gewens ek kon tyd terugdraai en jou net ‘n bietjie langer vashou. Elke sekonde het gevoel soos ‘n totsiens waarvoor ek nie gereed was nie. Jy was my hart, my vreugde, my tuiste, en altyd my Jack in ‘n wêreld wat nooit ophou verander nie.
Ek mis dit om jou vas te hou en by my te hê. Ek mis jou reuk, ek mis die sagte geluid van wanneer jy altyd fyntjies water drink, ek mis jou sug en die manier waarop jy my kom roep het. Die stilte vandat jy weg is, is ondraaglik, en weergalm met herinneringe aan jou vreugde, jou lojaliteit, jou daar-wees, jou liefde.
Dit was, en sal altyd ‘n voorreg bly, om Jack in ons lewens te kon hê. Ons sal altyd innig lief bly vir ons Jack. Want dit is dan ook so, dat die vir wie ons lief is, verlaat ons nooit werklik nie. Hulle leef voort in elke deel van ons, wat hulle help vorm het.
Tot ons mekaar weer sien.
Pa Willie, Ma Erin en jou boeties Ben, Luke en Bailey.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
|
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort








