Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply


UTAH ENGELBREG

Message

IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN UTAH

2022

 

Ons liefste Utah

Ons het jou, ’n pragtige 18 maande jonge Golden Retriever op ’n Saterdag oggend gaan haal by mense wat gedink het jy is “te veel” – te veel energie, te veel Golden Retriever, te veel van alles. Die feit is, al wat jy wou hê was liefde en om te behoort. En dit het ons vir jou gegee, en jy het in oorvloed terug gegee.

Jy het so baie troetel-naampies gehad – Uttie, Jutie, Utsie, model-legs, pinke-pensie, loverboy, Uttie-boetie en bobbejaan-jagter.

Ons Utah “was in love with life”. Die lewe was vir jou ‘n wonderlike ervaring, elke oomblik daarvan het jy intens beleef en passievol geleef. Alles van jou het daarvan getuig, jou lyf wat jy so plesierig kon swaai, jou stert wat altyd aan die waai was, jou vriendelike glimlag, jou oê wat nooit ophou glinster het nie, jou super cute ore met die fyn haartjies op die punte wat na buite gekrul het, en jou unieke draf/galop altyd side-ways vorentoe.

Speelgoed het vir jou groot vreugde verskaf, veral jou squeaky toys. As jy eers die squeaky hoor, dan begin jy te “howl”, tot ons almal se groot vermaak.

Jy het nie veel ge-retrieve nie, maar jy was ’n gebore jagter. Wanneer jou pa sê julle gaan rotte jag, het jou hele lyf en brein in die jag modus oorgegaan – jou aandag was gefokus, jou lyf beur voort, paraat vir enige aksie. Ons almal onthou die dag by Rooi-Els, in die Kaap, toe jy oor die heining spring en ’n bobbejaan mannetjie jaag. Dit was ’n angswekkende oomblik toe daai bobbejaan omdraai en op jou afstorm. Intussen is jou Pa ook oor die heining om jou te gaan red. Gelukkig het jy besef om in die ruig fynbos in te hardloop om skuiling te soek. Ons was almal flou geskrik.
My liewe Utie, daar is nog vele van die mooiste en merkwaardigste stories, avonture, reise en ervaringe wat ons saam geleef het en wat ons koester met deernis.

En toe die skok – dat jy baie aggressiewe akute leukemie het. Jy het chemo ontvang en aanvanklik het jy goed daarop gereageer. Maar ons optimisme was van korte duur. Jy het die Saterdag oggend gaan lê en kon nie weer opstaan nie – jy het nie meer genoeg gesonde rooibloedselle gehad om genoeg suurstof na jou liggaam se weefsels te vervoer nie. In kort – die chemo het nie meer gewerk nie, en die kanker het oorgeneem wat jou moeg en vol pyn gelaat het.

Ons het jou bietjie minder as 7 jaar by ons gehad (jy was net 8 jaar en 4 maande oud). Utah, jy was die sagmoedigste vier-voet wat die aarde bewandel het, lief vir elke mens en dier wat jou pad gekruis het. Jy het die wêreld bedazzled en die lewe elke oomblik passievol geleef – daar was net die hier en die nou. Ons liewe Utie met die ligstrale in jou oë en die ligstrale in jou hart.

Vir altyd, Pa Willie, Ma Erin en Jessie, Ben en Jack

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za