Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

JESSIE ENGELBREG

Message

IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN JESSIE

2022

 

Ons liefste Jessie

Ons het jou gaan haal by ’n puppy-mill, ’n backyard breeder, met die inwoners wat deur die vensters vir ons loer. Die erf was vuil, die ander sowat 30 honde wat daar rond gehardloop het, was vuil, jy was vuil – alles was vuil, net stof, geen gras en vuil kosbakke wat orals rond lê. ’n Jong seun het uitgekom, en jou oor die heining gepluk en vir ons gegee, omgedraai en terug gestap. Dit was dit, geen teken van hartseer of besorgheid oor jou nie. Dit was duidelik dat jy tot onlangs nog puppies gehad het, maar ons het jou belowe dat die deel van jou lewe vir altyd verby is.

Ons was die gelukkigste mense want ons het ’n pragtige meisiekind, met ’n hart vol liefde en sonskyn gekry. Ons het jou Jessie gedoop en daarna het al die troetel naampies gekom – Jess, Jess-kind, Jester, Jess-meis, Meiskind, Liefdes-meis.

In die begin, wanneer ons gaan stap het, was jy baie skrikkerig vir die wêreld daar buite. Jy het letterlik tussen my bene probeer loop, maar met baie aanmoediging en geduld het jou selfvertroue begin blom en het jy jou plek in hierdie wêreld gevind.

Ons Jessie het tennis balle ge-love. Wanneer jy sien ons gaan bal speel, het jou hele lyfie sommer aan die bewe gegaan van opgewondenheid. Jy was die beste bal vanger ooit -jou vernuf en akuraatheid was verbysterend, en die spoed waarmee jy ’n bal kon agterna sit en vang het ons almal in verwondering gelaat. Jy het graag met tennis balle tussen jou voorpote gelê, en jou boeties (Utah, Jack, Ben) mag nie durf waag dit vat nie.

Jy was die oggend nog vol lewe en die middag toe ek weer kyk, toe is jou maag ’n ballon. My wêreld het net daar gaan stil staan, want ek het geweet wat gaan kom. Jy is dadelik in vir ’n nood-operasie om jou spleen te verwyder. En toe begin die chemo. Die volgende 4 maande was vir jou baie moeilik. Daar was die naarheid, die geen eetlus, die pyn – jy het dapper die stryd baklei, maar jou mooie lyfie het begin ingee en jou are begin platval ….. ons moes afskeid neem.

Ons mooiste Jess, met jou dik bos hare, die sonskyn in jou hart en die glinster in jou oë – orals het jy passievol liefde gesaai. Jy het die lewe geniet, jou boeties geniet, jou balle geniet en ons geleer om in die hede en dankbaar te leef.

Dis ons voorreg om jou vir altyd in ons harte en memories te koester.

Vir altyd, Pa Willie, Ma Erin en jou boeties (Jack en Ben)

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za