Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

CADBURY DUNN

Message

TER NAGEDAGTENIS AAN ONS GELIEFDE CADBURY

7 Junie 2019 – 4 Julie 2026

Met swaar harte neem ons afskeid van ons geliefde Cadbury.

Jy was nooit net ’n hond nie – jy was ons baba seuntjie, ons skaduwee, ons beste vriend en ’n onmisbare deel van ons familie. Jy het ons huis gevul met liefde, vreugde en ’n onvoorwaardelike lojaliteit wat net jy kon gee. Jy het ons geleer wat ware liefde beteken en elke dag mooier gemaak net deur daar te wees.

Die huis voel nou anders. Die kussing op ons bed, waar jy altyd so lekker in die son gelê en rus het, lê nou leeg. Mamma mis dit om elke oggend jou ogies skoon te maak. Ek wag nog steeds vir die sagte stamp teen die kant van die bed wat gesê het: “Tel my op.” Ek wag om jou weer op jou twee agterbeentjies te sien staan, met jou voorpootjies uitgestrek, sodat ek jou in my arms kon optel.

Dit was die klein, alledaagse oomblikke wat ons nooit besef het ons eendag só sou mis nie.

Jou laaste dae was gevul met ’n stryd wat ons harte gebreek het om te aanskou. Om jou te laat gaan was die moeilikste besluit wat ons nog ooit moes neem, maar dit was ook die grootste bewys van ons liefde vir jou. Ons kon nie langer toekyk hoe jy pyn ly nie. Jy verdien rus. Jy verdien vrede.

Dankie vir elke stertjie wat gewaai het, elke nat soentjie, elke drukkie, elke avontuur en elke oomblik wat jy ons lewens met liefde gevul het. Jy het ’n merk op ons harte gelaat wat tyd nooit sal uitwis nie. Vir nou is die huis een voetspoor minder en my hart vir altyd ’n stukkie leër. Maar die liefde wat jy vir ons gegee het, sal vir ewig bly voortleef.

Jy sal altyd deel van ons wees – in elke herinnering, elke traan en elke glimlag wanneer ons aan jou dink. Hardloop nou vry, sonder pyn en sonder swaarkry. Tot die dag dat ons mekaar weer sien, sal jy altyd ons geliefde seuntjie bly. Vir altyd geliefd. Vir altyd gemis. Vir altyd My baba seuntjie Vir altyd ons Cadbury.

“As liefde jou kon terugbring, sou jy nooit weggegaan het nie.”

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za