Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
CHIPPIE DILL
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN CHIPPIE
19 April 2026
Chippi
*’n Gedig vir haar wat ons hart gesteel het*
— Sy het gesnork en gespeel, met oogies diep en warm en sag — onvoorwaardelike liefde gedeel, van vroeg in die môre tot laat in die nag. Klein lyf, groot ore, groter hart, sy het geweet hoe om elkeen te vat — sy het elke siel se taal geken en presies geweet waar jy haar nodig het.
— Op Mamma se skoot was haar plek, en ‘n plan het sy altyd gemaak om daar te kom Die skulpie, die bank, die natplas bank jou meesterstuk soos jy ons wys — elke oomblik het sy geniet en gebruik en altyd net onskuldige kyk.. Koffie gedeel, ‘n happie verwag, En het geweet dit kom jou kant toe. Sy het elkeen van ons so gewag. Liefgehad op haar eie manier — dit weet ons nou.
— Sy het geweet wanneer om stil te sit, wanneer ‘n soen sou werk, om net nader te skuif sonder woord. Geen vrae nie, geen oordeel nie — net dit — warm teen jou sy, en jy voel jy word gehoor. Sy het ingekruip langs ons in die nag, beentjies styf intrek net om nader te lê. Asof sy geweet het — elke dag — dat nader genoeg net nie moontlik was nie.
— Maar dan — haar grootste kunswerk van als — die neusie, saggies teen die bank gedruk. Geen geluid nie, geen woord nie, geen oordeel — net die oë wat opkyk, sag en diep Sy *kon* opspring. Ons het geweet. Sy het ook geweet dat ons geweet het. Maar dit was haar plan — altyd so bereid — dat jý moes stop, omdraai, en haar optel. Moes buk. Moes optel. Moes alles los. Net so. Net omdat sy dit wou hê. En ons het — elke keer, sonder ‘n gedwing — want hoe sê jy nee vir oë wat sê: “Ek vra nie baie nie. Net jou arms. Net nou. Net vir my”.
— Sy was nie net ‘n diertjie nie — sy was deel van elke een van ons. Pappa se stille maatjie, altyd naby sonder ‘n woord. Met happie hier en koffie daar. Bytjie zoem…. het haar vermaak. En ‘n windjie van agter het haar laat hardloop reguit na Mamma se arms. Mamma se skadutjie, waar sy was, was Chippi ook sielsgebind vir altyd en ewig. Jy was my lig toe dit donker was – maar ek was jou alles ons kon nie vir mekaar langer as 2 sekondes wag. Amone en Aldert — sy het julle geken soos niemand anders nie. Slaaptyd kon ek raas…. Ammie het my gesnork verstaan. Met speel en sagte hart was ons band. Jy kon altyd my kry dat ek zoomies kry soos jy wil. Jou sterke hart het my gehelp. Dat ek kon rustig word waar ek gaan. En Gabby, haar sussie — julle twee het ‘n wêreldjie gedeel wat net julle twee verstaan het. Met hardloop. Spring en die kollies jaag. Hulle moes weet dat julle in in Charge.
— Jou blaffie was grof en groot, maar jou hart was sagter as enigiets. Jy was kosbaar in die oggend, middag en aand — altyd ‘n soen net waar jy kon kry. Jy was nie net ‘n diertjie nie. Jy was ons. En ‘n stukkie van elke een van ons het saam met jou gegaan.
— Jou plek is nou by Jesus, en ons stel ons voor hoe jy daar aankom — vorentoe, vol selfvertroue, soos altyd, niemand wat jou keer nie. Jou spoed wat jy het en spietjies so rond. Ek sien jou daar bo… jy vat net hier en daar grond. Pas Hom op vir ons. Vermaak Hom met jou streke. En wag vir ons by die hek — want ons kom. Ons moet net nog ‘n bietjie wag… Vir daai baie belangrike dag.
— *Die bank is nou stil. Die skulpie lê en wag. Maar ons mis jou neusietjie teen die bank — jou oë wat alles gesê het sonder ‘n enkele woord.* *Rus sag, klein sussie. Ons sal jou weer sien.*
— Met elke druppel liefde —
Pappa · Mamma · Amone · Aldert & Gabby — Jou honde-sussie vir altyd Ons oneindige liefde
Lief jou en Mis jou Xxx
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort








