Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
WINSTON DE JAGER
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN WINSTON
Aangeneem 9 Oktober 2021 – 8 Junie 2025
“My ou Winnie, my saggeaarde sonskynhond.
Jy was die hond wat almal raakgesien het waar ons ookal gegaan het.
Jy was deel van ons Wollies MyRun drawwers en ons harte lank voor ek jou aangeneem het.
Trail running sal nooit weer dieselfde wees nie.
Jy kon jou opgewondenheid nie keer as ek jou lyfband vir jou aangesit het nie, my arm het altyd ‘n krapmerk en bloedstreep gehad.
Jy het draf so geniet, was altyd so gefokus, het net een pad geken en dit was vorentoe.
So groot as wat jy was, was jy so ougat met jou gewoontes soos jou voete wat jy so gekruis het en daai sug, boude op die bed sit soos ‘n mens en oë toevou met die voete asof die lig in jou oë skyn.
As ek kossies gesê het, het jy gebokspring en getol tot in die kombuis van opgewondenheid.
Jou skielike siekte was 6 maande van pyn, pille, operasie en weeklikse Onderstepoort besoeke en herhaaldelike bloedtrekkery waarvoor jy eintlik so moeg was dat jy nie eers meer wou uitklim as ons by Onderstepoort stilgehou het nie, maar steeds het jy moedig baklei.
Snags as jy baie sleg gevoel het, het jy langs my bed kom staan, my met jou voet getik en jou kop probeer indruk tussen my en die bedkassie en dan neergeval langs my op die bed.
So het ek jou kop en maag gevryf tot jy weer aan die slaap geraak het. Jou Lazyboy is leeg. Jou dood was skielik maar ek is dankbaar dat ons Liewe Vader jou vrygemaak het van jou pyn en lyding.
Rus sag my Winniekind.
Ons mis jou baie maar jy sal altyd in ons harte bly.
Love you to the moon and back.”
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort