Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
BEA
Message
IN HERINNERING AAN BEA
My liefste Bea…
Ek was verlief op jou van die eerste oomblik wat ek jou in 2016 gesien het…
Jy was die cuteste ding met daai ou tongetjie wat altyd uitsteek…
Ek mis jou badkamer visits & jou warm lyfie elke aand teen my…
Ek mis jou gesiggie wat so “sulk” as ek sit en werk en nie aandag aan jou gee nie…
Ek mis dat jy met die lock down uitgefigger het hoe om die kombuis asblik oop te maak & ons
kort kort moes seker maak dat jy nie iets steel uit die asblik uit nie…
Ek mis al die kere wat jy kos gesteel het van die tafel af – teen tafel opgespring en
gevat wat jy kon bykom…
Ek mis dat jy die soft toys gesteel het & papnat gekou het…
Ek mis jou stert wat alles omslaan saam met daai wikkellyfie…
Ek mis jou slaap tussen my bene met jou kop op my bors…
Ek mis dit dat jy my weer was na ek gebad het om al die room af te kry… – skoon gelek…
Ek mis ons veearts visits – jy het met jou voete op die karsitplek verwarmers gestaan & dan het my boude warm geword!
Ek mis dat jy in die kar jou koppie in my nek neergesit het as ek ry…
Ek mis die stoepsit waar jy dan met albei jou bene op my bene kom staan het sodat ek jou krap…
Ek mis die wakkerword met jou gesig hier in my nek & jy wat my krap met jou poot dat ek my alie nou uit die bed kry…
Ek mis dat jy Max se kos gesteel het en dan die pelet in die lig opgooi & met hom speel…
Ek mis daai ou uitsteektande!
Ek mis dat jy na ons gaan stap het nie kon wag om in jou eie swembadjie te spring nie!
Ek mis dat as ek jou gewas het & probeer droogmaak het met ‘n handdoek, jy probeer het om die handdoek uitmekaar te skeer…
EK mis dat jy by die wasbak opgespring het & water uit die kraan wou drink…
Ek mis dit dat jy Max aan sy lippe gebyt het & aan hulle vasgeklou het omdat hy te naby aan my probeer kom het
Ek mis dat dat jy jou koppie so agtertoe gegooi het as jy voor my gesit het & my met soveel liefde aangestaar het…
Ek mis dat jy onder die eetkamer tafel op 2 stoele opgeklim het en dan daar gele het waar jy ons kan dophou en heerlik snooze…
Ek mis dat jy gesit het op julle bed teen die venster – met jou boude op die bed en jou koppie gele het op my bed…
Ek mis dat jy soos ‘n mense gaan sit het teen die kopkussings op my bed… en so vir my gekyk het met liefde…
Ek mis daai ou asempie…
Ek het my bes probeer om jou gesond te hou…
Max mis jou… Hy staar net by die venster uit…
Hy mis dat jy hom altyd met ‘n spelery aan die hakke gebyt het…
Dankie vir al jou liefde, al die drukkies, al die nat soene!
Ek sal jou nooit vergeet nie – my hart is stukkend!
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort