Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

ABBIE COETZEE

Message

IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN ABBIE

3 Februarie 2022

Woorde kan nie begin om te beskryf hoe baie jy my lewe verryk het nie. Dalk kon jy nie dit als verstaan in woorde soos ek nie, maar jyt altyd die versekerheid gehad dat ek jou nooit sou los nie. In die lewe, wil mens graag vashou aan daardie lyfie waarin jy gekom het. Ek wou die belofte behou om dit verewig te doen. Jou afsterwing en die keuse wat ons moes gemaak het was die enigste tyd in my lewe wat ek ongelukkig daardie belofte moes breek maar ongeag daardie besluit, is jy by my. In my hart en in jou woefer-kinders wat jy agter gelos het.
Ek het nie die geleentheid gehad het om jou te ken van klein af nie, maar ek’s bitter bly dat jy jou pad na ons toe gevind het. Wie sou kon dink? 13 jaar later en jy het elke dag my lewe gevul. Jou oogies het altyd boekdele gespreek. Jyt nooit opgegee nie. Jou boud was so taai soos jy. Geen deur of afkorting kon tussen ons staan nie. Jy het geweet wat jy wil hê en dit altyd gekry. Altyd vriendlik teenoor ander. Altyd reg gestaan vir ‘n pens krappie. Jou dierbaare manier om jou ruggie te krap onder ‘n hang plant, my lang rokke, klere in my klerekas, of ‘n gordyn het almal altyd plesier gee.
Jou hart het deur jou maag gelê en jou oë het daardie geluk uitgestraal. Jy was altyd laaste in nadat ons buite was, en het met flappende ore, breed glimlag en so regte Abbie-style waggle na my toe aangehardloop gekom asof dit jou die meeste geluk in die wêreld gegee het.
Toe jy jonger was, was jy mal oor ‘n bal en nog meer ‘n lekker tou. Tug of war was jou favorite speletjie. Jy het altyd by my voete geslaap en was nooit ‘n emosionele woefer nie. Jyt nie af dae gehad nie net gelukkige dae, self al was daar met jou geraas.
Die Liewe Vader aleen weet waar jy so mooi, ‘enduring’ persoonlikheid gekry het maar dit sal ek altyd mis. Jou plekkie hier by ons is leeg. Ek verlang na jou geluide. Jou lyfie. Hoe sterk jy altyd was. Hoe vrolik jy elke oggend opgestaan het. Geen situasie het jou ondergekry nie. Nie eers waaneer jy siek was nie. Ons het jou laaste paar maande by ons die beste probeer vervul as wat ons kon. Ek hoop jou besonderse siel het sy plekkie in die hemel gevind en jy sal vir my wag tot ek eendag nie meer lewe in my het nie. Ek hoop jy is vry van pyn en so gelukkig soos kan wees. Ek hoop die engele speel jou moeg, voer jou spekvet en gesond. Ek hoop jy en al die wat voor jou was, kan mekaar geselskap hou en my plekkie daarbo warm hou.
Ek sal jou altyd lief hê, Abbie. 

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za