Remembrance

Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

PATRYS BOSHOFF

Message

IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN PATRYS

20 Januarie 2022

 

Rus in Vrede my liefste, liefste, liefste Patrysie…
Hoe kan woorde ooit beskryf hoe lief ek jou het?
Ek was lief vir jou vanaf die oomlik toe jy gebore was…  Van die oomlik toe ek jou mamma, Muis, gehelp het om jou uit jou geboorte-sakkie te haal.  Vir amper 15 jaar was jy so ‘n pragtige, liefdevolle hondjie en ek wens jy kon weet hoe baie jy vir my beteken het.
Jy was daar vir my deur van die grootste gebeurtenisse in my lewe en jou afwesigheid los ‘n groot leemte in my hart.  Jy was altyd gelukkig en kon my altyd laat glimlag het met jou groot bruin ogies, regop oortjies en stertjie wat altyd geswaai het.  Jy het my so baie geleer en ek besef vandag eers watse belangrike lesse dit was.
Jy was so ‘n rustige hondjie en was lief vir die lewe.  Hoe meer vol grassies en modder jy jouself in kon rol, hoe gelukkiger was jy.  Jy was ‘n regte jagtertjie en het ons teen so baie gevaarlike slange, rotte, eekhoringtjies, voëltjies en krieke beskerm.  Ek kon nooit verstaan het hoe jy dit reggekry het om sulke vinnige diere te kon vang nie, maar jy was bang vir niks en niemand nie. Ons brawe hondjie… Alhoewel ek baie met jou geraas het oor die eekhoringtjies en voëltjies, weet ek dat jy jou beste lewe hier op die plot kon uitleef.  Ek sal nooit al ons avonture vergeet nie… Waar jy saam met my gebly het in Pretoria en dit gehaat het om so vêr te ry en toe eventueel geweier het om die plot te verlaat… Ons plaas uitstappies, ons plot stappies en hoe bly jy elke liewe dag was om my te sien.  Jy was so mal oor jou weeklikste snytjie brood en kon hom soms so lekker begrawe het vir later.  Jou geduld met my fotosessies waar ek jou kon aantrek nes ek wou en jy net geduldig vir my stil gesit het sodat ek jou kon afneem. Jou soentjies, veral wanneer jy my op my mond skelmpies vang wanneer ek jou op jou wang wou soen.  Ek is so dankbaar vir die tyd wat ek met jou gehad het en wens net dit kon langer wees.  Jy het swaargekry en al is dit hoe seer weet ek dat jy nou verlos is van jou pyn.    
Ek gaan die klank van jou voetjies so baie mis in die huis en hoe jy ons aanmekaar kom vra het om weer uit te gaan wanneer jy sopas van buite af ingekom het… Die klank van jou stoel wanneer jy op hom gespring vir ‘n middagslapie… Jou snaakse skreeu geluide wanneer ons buite die hek beweeg het sonder jou…  Jou onblusbare lus vir koekies en rugkrappies… Hoe jy by my kom beskerming soek het wanneer die weer opgesteek het. Hoe jy op jou bankie by my kom lê het wanneer ek geoefen het. Hoe jy altyd, altyd geweet het hoe om my te troos wanneer ek hartseer was. My beserings altyd wou reg soen… Ek mis jou alreeds so baie…
Ek sal nooit vergeet hoe jy ‘n rukkie terug ‘n hele klomp beentjies bo op mekaar gestapel het sodat jy op een slag hulle saam kon dra na onder die boom waar jy dit wou eet het, en hoe jy ‘n hele mond vol kos op een slag sou vat, dit op die teëls gooi waar jy ons kon sien het en dan dit rustig een vir een geëet het…
Dankie vir al jou liefde my ou Vettietjie Boem Boem.. Dankie dat jy so sterk was en tot die einde vir ons jou alles gegee het. Sonder ons wete dat jy kanker gehad het, het jy elke dag tot eergister saam met ons gaan stappies en selfs kort stukkies gedraf ook. Jy was altyd net gelukkig en wou ons ook net gelukkig gemaak het. Met al jou ongemak het jy elke dag nog vir ons soveel liefde gegee. Dankie dat jy my vandag weer herhinner het wat my doel is in die lewe.
Nou is jy saam met Muis, Mina en jou ouma Oortjies in die honde-hemel waar ek jou eendag weer sal sien en sal kan vashou.
Ek, pa, L, Milo en Tiens sal vir altyd lief wees vir jou en sal jou nooit ooit vergeet nie!
Lief vir jou virewig!❤

Obituary

Messages

Remembrance Wall

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter Print Friendly addlisting reply

Welcome to Paw Print Remembrance Wall

The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.

You may submit your own listing for our remembrance wall here

Please click on the pet’s name to view the full message.

Email this to someoneShare on FacebookPin on PinterestTweet about this on Twitter
Print Friendly addlisting reply

[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]

Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.

Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion

North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort

Contact Us

Louré: 082 575 6298

Fax: 086 574 4195

Email: loure@petangels.co.za