Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
MAXIMUS BERTUS & ZONALIA
Message
IN LIEFDEVOLLE HERINNERING AAN MAXIMUS
31 Oktober 2018 – 14 Mei 2025
Met gebroke harte moes ons die moeilikste besluit neem – om vir Max huis toe te stuur, waar hy nou weer saam met sy ander maatjies op die groen veldjies kan speel.
Max was nie net ’n hond nie. Hy was familie. ’n Sagte reus, ’n getroue metgesel en ’n onvervangbare deel van ons lewens. ’n Boerboel van formaat – ekstra groot in lyf, maar nóg groter in hart, liefde en teenwoordigheid. Max het ons daagliks laat lag met sy unieke maniertjies.
Elke dag het hy vir Antonie, die werker, op die plaas rondgejaag – ’n speletjie wat net hulle twee regtig verstaan het. En as jy gewaag het om die hek oop te maak, moes jy vinnig jou boud wegsteek, anders het Max gegroet met ’n sagte knibbel… soms ’n bietjie harder as bedoel!
Hy was van kleins af lomp – hy kon selfs struikel al het hy net gestaan! En as dit eettyd was, het Max die oomblik voluit geleef – oë toe, kop af, en daai bak moes blink wees. As jy te lank gevat het, het hy sy bak met ’n klap geskop soos ’n sokkerbal om jou te herinner. En ná ete moes die mond afgevee word – op die bank, die bed, of sommer op jou as jy op die verkeerde plek gesit het. Roomys was sy groot bederf – altyd met sy hele gesig vol en ’n trotsheid asof hy ’n groot prestasie behaal het.
Hy was mal daaroor om saam te ry of te gaan stap – sy geluk was aansteeklik. En dan daai stink poepe… as jy hom uitvang, het hy jou net aangekyk, sy stompie geswaai en sy tande vir jou uitgepak in ’n lag! Ten spyte van sy grootte was Max die sagste siel. Hy het sy dieremaats met liefde en versigtigheid hanteer, en selfs die kleintjies laat voel soos reuse. Hy het vreemdelinge ontvang asof hulle ou vriende was.
Sy hart was oop vir almal – kind of grootmens – en sy teenwoordigheid het elke ruimte gevul met liefde.
Elkeen wat Max geken het, het hom liefgehad. Hy het iets besonders aan mense se siele geraak. ’n Reus van ’n hond wat ons gewys het wat ware liefde is. Max laat ’n groot, onvervangbare leemte in ons lewens. Maar die herinneringe, die liefde, die lag – dit dra ons vir altyd saam.
Dit was die grootste eer, vreugde en voorreg om jou mens-ouers te wees, Max.
Dankie dat jy ons so onvoorwaardelik liefgehad het.
Ons sal jou vir ewig in ons harte dra, ons ou Vetseun.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort