Remembrance
Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() |
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Bello
Message
Ons liefste Bello Van al die 16 woelige baba Golden Retrievertjies wat om ons gespeel het was jy die enkele een gewees om agter ons aan te hardloop – pens en pootjies tot diep binne ons harte. Jy het ons gekies en van daardie oomblik af het my Bello seun ons lewe vir altyd verander. Jy was nou deel van ons klein familie en met passie en vreugde het ons saam die wêreld ontdek. Ons het jou sien groot word, van baba na langbeen mal kleuter, na ons brander-bul Bello en later ons ou-man. Jy het vir ons ‘n leeftyd vol warm goue herinneringe gegee. O maar jy was lief vir water. Wanneer ons gaan seil het kon jy net nie uit die water bly nie. By die huis het jy elke dag in jou dammetjie gaan afkoel, net om met jou nat lyf deur die huis te hardloop, maar dit het nooit saak gemaak nie, ons het maar geleer om met nat vloere saam te leef. “Vito Bello Vito!” As die wiele begin draai was jy in, die pitch blaffies met jou lyf wat kort raak en bokspring van pure opgewondenheid as ons die V-woord sê. Time trails van venster tot venster die hele pad en as jy jou kop by die venster uithou het daai bolip gewapper soos ‘n ritmiese golf. See toe, dam toe, winkels toe, boeremark toe, oupa/ouma toe, dokter toe, die lys is eindeloos. Dan is daar die musiek – almal sing saam op jou favourite “Hit the road Jack… “. Lekker, Bello van die see! Pa se seun! Elke dag vier uur het jy by die hek gaan lê en wag vir jou Pa om huise toe te kom, en om ‘n draai agter op die bakkie om die blok te ry net om vir almal te blaf en te sê jou Pa se tuis. Nooit ooit was jy nie op jou pos nie, selfs toe jy al siek was en stadig en sukkel-sukkel geloop het, het jy getrou by die hek gaan wag. Hoe ouer jy geword het, hoe lekkerder kon ons almal saam lepel lê. Jy het die heel lekkerste en sagste lyf gehad. Jou hare so sag soos fluweel en wanneer jy eers jou beertjie lyf op sy rug draai, direk in ons arms in, het die wêreld gaan stil staan. Dit was die lekkerste lekker om jou lyfie en die klop van jou hart en rustige asemhaling so naby te voel – so baie naby aan my seun. Maar ons het ook jou bittere hartseer en verlange, na jou sussie Gioia se heengaan, ervaar. Na haar dood het jy stil geraak – jy het dae aanmekaar na die hek bly staar, wou meestal nie meer inkom huis toe nie en het ook nooit weer met julle speelgoed gespeel nie. Maar met die oud-word het die siek-word ook gekom. Jy sou nog net ‘n rukkie saam met ons wees. So het ons in die laaste paar dae dankie gesê vir elke ekstra dag saam met jou, maar elke aand wanneer jy in jou bedjie geklim het, het ons besef dis nog ‘n dag verby nader aan die onvermydelike.
Obituary
Messages
Remembrance Wall
Welcome to Paw Print Remembrance Wall
The Remembrance Wall is a place to celebrate the lives of those we loved, where you can create an ever lasting memorial for free. Here friends and family can share in the memories and photos of those they’ve lost.
You may submit your own listing for our remembrance wall here
Please click on the pet’s name to view the full message.
![]() ![]() ![]() ![]() |

|
[connections_link_view text_add=”Add My Entry” text_view=”View My Entry”]
Our Cremation services are available at Veterinary Clinics in the following areas.
Gauteng: East Rand, Pretoria, Midrand and Centurion
North West Province: Rustenburg, Brits and Hartbeespoort